Om el­ke hoek wag daar ’n ont­dek­king

Ver­sa­me­laars gaan na hul a­sem snak by dié Fai­re

Beeld - - Eiendomme & Veilings - El­ma Klop­pers

Ver­sa­me­laars van an­tiek­wa­re, kuns, por­se­lein, sil­wer, klas­sie­ke mo­tors en an­der be­son­der­se ver­sa­me­l­i­tems kan aan­sit vir ’n vi­su­e­le fees­maal by die Na­ti­o­nal An­ti­ques & De­co­ra­ti­ve Arts Fai­re wat in Ju­nie in Sand­ton ge­hou word.

Dié fees vier van­jaar sy 16de jaar as die groot­ste en mees di­na­mie­se ver­sa­mel­uit­stal­ling in die land – met i­tems van vin­ta­ge tot re­tro.

Dit is dié plek om daar­die spe­si­a­le ver­sa­mel­stuk uit te snuf­fel wat die aan­dag sal trek.

Daar is ook spe­si­a­lis­i­tems, on­der meer Ja­pan­ne­se swaar­de, C­hi­ne­se por­se­lein en ont­wer­per­stoe­be­ho­re van Guc­ci en Di­or.

Die ver­sa­mel van i­tems is u­nie­ke fe­no­meen wat dik­wels as ’n be­leg­gings­ver­sla­wing be­stem­pel word. As die ver­sa­mel­gog­ga eers ge­byt het, kan dit tot ’n le­wens­lan­ge pas­sie lei.

Ver­sa­me­laars kan met be­kos­tig­ba­re stuk­ke be­gin en na­ma­te die tyd aan­stap, kan hul­le in seld­sa­mer stuk­ke be­lê.

Die uit­stal­ling sluit ’n vi­su­e­le ban­ket in van de­kor­stel­le met eet­ka­mer­ge­bie­de waar die ta­fels ge­laai is met waar­de­vol­le por­se­lein- en sil­wer­wa­re, boek­rak­ke wat kreun on­der ver­sa­mel­boe­ke en or­na­men­te wat voor­ne­men­de ko­pers na hul a­sem sal laat snak.

In kon­tras met die oud­he­de, is daar gui­ti­ge i­tems vir die op­ko­men­de ver­sa­me­laars van mô­re soos ’n Ea­mes-stoel, ’n Nor­man Cat­her­i­ne­beeld­hou­werk of selfs ’n Co­ca-Co­lays­kas van die 1950’s.

Daar is ’n toe­ge­wy­de kuns­ge­bied in die vorm van ’n ga­le­ry, waar Suid-A­fri­kaan­se mees­ter­stuk­ke en kon­tem­po­rê­re kuns sy aan sy uit­ge­stal word.

’n Mag­dom te­le­vi­sie­pro­gram­me met ’n fo­kus op an­tiek­wa­re en an­der ver­sa­mel­stuk­ke, on­der meer die B­rit­se An­ti­ques Ro­ads­how en Cash in the At­tic en die A­me­ri­kaan­se Pa­wn S­tars en A­me­ri­can Pic­kers, lok dees­dae ook die be­lang­stel­ling van ’n jon­ger ge­ne­ra­sie ver­sa­me­laars.

An­tiek­wa­re raak toe­ne­mend ’n alternatiewe be­leg­gings­op­sie en tal­le ver­sa­me­laars glo dit is min­der ris­kant as om by­voor­beeld in die aan­de­le­beurs te be­lê.

Die waar­de van goeie an­tie­ke stuk­ke sal met­ter­tyd toe­neem. Voor­ne­men­de ver­sa­me­laars moet eg­ter die ver­skil tus­sen an­tie­ke en ver­sa­mel­stuk­ke ver­staan. C­ly­de Ter­ry van C­ly­de on 4th An­ti­ques in Mel­vil­le, sê an­tie­ke stuk­ke is ge­woon­lik e­nig­iets wat meer as 100 jaar oud is en ver­sa­mel­stuk­ke is jon­ger i­tems wat hoogs ge­sog is on­der ver­sa­me­laars.

Hy sê sil­wer­wa­re bly een van die ge­sog­ste dis­si­pli­nes as dit by ver­sa­mel kom.

“Die wê­reld­wye nei­ging is om klei­ner waar­de­vol­le i­tems te ver­sa­mel wat mak­lik is om uit te stal.”

Die Na­ti­o­nal An­ti­ques & De­co­ra­ti­ve Arts Fai­re word van 3 tot 5 Ju­nie van 10:00 tot 18:00 by die Sand­ton-kon­fe­ren­sie­sen­trum ge­hou.

Vir meer in­lig­ting kan www.naada.co.za be­soek word.

Vin­ni­ge wie­le uit ’n ver­vloë era: Dié vu­ri­ge rooi “pick­up” is ook te kry.

Vir ’n ver­sa­me­laar kan dié vin­ta­ge pe­trol­pomp goud werd wees.

Dié “ruim­te”­stoel is te kry by die An­ti­ques & De­co­ra­ti­ve Arts Fai­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.