Sar­gent se wer­ke ge­sog in NY

Beeld - - Eiendomme & Veilings - John Sin­ger Sar­gent se Pop­pies wat vir $6,9 mil­joen ver­koop het by Sot­he­by’s se Len­te­ver­ko­ping van A­me­ri­kaan­se kuns in New York.

Twee kuns­wer­ke van die A­me­ri­kaan­se skil­der John Sin­ger Sar­gent het op 19 Mei vir $11 mil­joen ver­koop by Sot­he­by’s se Len­te­ver­ko­ping van A­me­ri­kaan­se kuns in New York. Dit was veel meer as die be­raam­de ge­sa­ment­li­ke voor­vei­lings­prys van $8,7 mil­joen.

Die voor­lo­per was Pop­pies, wat in 1886 deur Sar­gent vol­tooi is ter­wyl hy aan sy mees­ter­stuk Car­na­ti­on, Li­ly, Li­ly, Ro­se ge­werk het. Drie bie­ërs het sterk mee­ge­ding om die o­lie­verf­skil- de­ry op doek, wat op die ou ein­de vir $6,9 mil­joen ver­koop is, heel­wat meer as die ver­wag­te tus­sen $4 mil­joen en $6 mil­joen.

Dié skil­de­ry was on­langs deel van ’n mu­seum-uit­stal­ling ge­ti­teld Pain­ting the Mo­dern Gar­den: Mo­net to Ma­tis­se, wat deur die C­le­ve­land Mu­seum of Art aan­ge­bied is.

Daar­na het vier gre­ti­ge bie­ërs mee­ge­ding om Sar­gent se S­tair­way in Capri, wat die werk $4,1 mil­joen laat haal het, heel­wat meer as die ver­wag- te $2,5 mil­joen. Dié skil­de­ry was van­te­vo­re in die versameling van Au­gus­te Hirsch, ’n Fran­se skil­der en ’n vriend van Sar­gent, en daar­na in die versameling van Pa­me­la Har­ri­man, A­me­ri­ka se flam­bo­jan­te am­bas­sa­deur in Frank­ryk in die mid­del 1990’s.

“Dié re­sul­ta­te weer­spie­ël dat wer­ke van top­ge­hal­te sterk me­de­din­ging tot ge­volg het, wat pry­se die hoog­te in­stoot,” het Liz S­ter­ling, hoof van Sot­he­by’s se A­me­ri­kaan­se kuns­af­de­ling, ná die vei­ling ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.