’n Stuk­kie E­den te kry

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

In Ju­nie bring Raw­son Aucti­ons We­stern Ca­pe ’n stuk­kie pa­ra­dys in die In­die­se O­se­aan per ten­der na die vei­lings­vloer.

Dié u­nie­ke ge­leent­heid be­hels ’n ge­meu­bi­leer­de drie­slaap­ka­mer­een­heid in die ge­sog­te E­den Is­land-ont­wik­ke­ling in die Sey­chel­le met sy eie boot­vas­meer­plek.

Die aan­be­vo­le gids­prys is $850 000 (so­wat R13,4 mil­joen).

Die een­heid met sy pa­no­ra­mie­se uit­sig­te op ’n i­dil­lie­se om­ge­wing het oop­plan­leef­ruim­tes, slaap­ka­mers met en sui­te­bad­ka­mers, ’n kom­buis, ’n eet­ka­mer, ver­skeie stoe­pe en sy eie pri­va­te tuin.

Spe­si­a­le luuks­he­de, wat teen $20 000 ge­waar­deer is, sluit in hout­hort­jies op die stoe­pe, drie waai­ers en blin­dings.

Ta­nya Jo­va­no­vski, fran­chi­se­hou­er van Raw­son Aucti­ons in die Wes-Kaap, sê daar is ver­skeie re­des hoe­kom die een­heid ’n uit­ste­ken­de be­leg­ging sal wees.

Be­ne­wens die feit dat dit een van die groot­ste een­he­de in die ont­wik­ke­ling is, is dit ook be­skut teen die wind om­dat dit in ’n noord­oos­te­li­ke rig­ting kyk.

Sy sê dit kan óf vir eie ge­bruik aan­ge­skaf word óf ver­huur word.

Die hui­di­ge huur­geld be­loop $3 700 per maand.

Die maan­de­lik­se hef­fings kom op $637,40 te staan, plus ’n by­ko­men­de $70 per maand vir die vas­meer­plek. Be­lang­stel­len­de par­tye kan tot en met 22 Ju­nie om 12:00 ’n bod in­dien by die Raw­son Pro­per­ty Group se hoof­kan­toor in Ron­de­bosch.

) Vir meer in­lig­ting kan Ce­dric G­reen­wood by 082 554 1887 ge­ska­kel word.

Dié luuk­se drie­slaap­ka­mer­een­heid in die E­den Is­land­ont­wik­ke­ling in die Sey­chel­le word in Ju­nie per ten­der deur Raw­son Aucti­ons We­stern Ca­pe op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.