OK Mi­ni­mark met s­til­le ten­der op­ge­veil

VEILINGS Huur­geld, su­per­mark en voor­raad is in­ge­sluit

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

’NOK Mi­ni­mark in Cla­re­mont word deur Raw­son Aucti­ons We­stern Ca­pe op­ge­veil deur mid­del van s­til­le ten­der. Ten­ders sluit op 22 Ju­nie. Die tran­sak­sie sluit die ei­en­dom so­wel as die on­der­ne­ming in.

Dié kom­mer­si­ë­le ei­en­dom van 477 m² is by Bel­ve­de­re­weg 62, in ’n be­si­ge om­ge­wing, na­by o­pen­ba­re ver­voer, Ca­ven­dish S­qua­re, Sta­di­um on Main en ver­skeie an­der nood­saak­li­ke en ver­maak­ge­rie­we.

Die tran­sak­sie sluit huur­in­kom­ste, die su­per­mark-on­der­ne­ming en voor­raad in.

Eat Out The Box, wat weg­neem-e­tes ver­skaf, word tans ver­huur tot A­pril 2017 met die op­sie om te her­nu. Die OK Mi­ni­mark het ses per­so­neel­le­de, twee al­ge­me­ne wer­kers, drie kas­sie­re en ’n nag­op­sig­ter. Die ei­en­dom het toe­gang tot ruim par­keer­plek van die straat af. Daar is ook in­stap­koel­ka­mers en die on­der­ne­ming het ’n wyn­li­sen­sie. Dit be­skik ook oor ont­wik­ke­lings­plan­ne vir twee kan­to­re.

Die gids­prys vir die ei­en­dom is R7,5 mil­joen. Die ver­ko­per is ge­re­gis­treer vir BTW en daar is dus nie he­re­reg­te be­taal­baar nie. Maan­de­lik­se be­las­ting is R5 000.

Ta­nya Jo­va­no­vski, fran­chi­se­hou­er van Raw­son Aucti­ons Wes-Kaap, twy­fel nooit aan die suk­ses van ’n on­der­ne­ming wan­neer dit in Cla­re­mont ge­leë is nie. “Men­se het ge­du­rig hier­die ver­brui­kers­goe­de­re no­dig, vin­nig en mak­lik. Dis waar ’n OK Mi­ni­mark in­kom.”

Bie­ërs moet ge­re­gis­treer wees en ge­ser­ti­fi­seer­de af­skrif­te van hul ID en be­wys van a­dres hê.

Be­lang­stel­len­des kan aan­bie­dings op die Raw­son Aucti­ons- stan­daard­aan­bod-om-te-koop-vorm in­dien. Kon­tak Raw­son by 021 837 1700 of in­fo@raw­so­naucti­ons.com om dié vorm te kry.

Aan­bie­dings moet teen 12:00, Woens­dag 22 Ju­nie, by die Raw­son-ei­en­doms­groep se hoof­kan­toor by Hoof­weg (Main Rd) 222, Ron­de­bosch, in­ge­dien word.

Vir nog in­lig­ting, of om ’n af­spraak te maak om die ei­en­dom te be­sig­tig, bel Zea Lam­precht by 083 273 3407.

Die voor­aan­sig van die OK Mi­ni­mark in Bel­ve­de­re­weg, Cla­re­mont.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.