Ny­wer­heids­ei­en­dom in Roo­de­poort te kry

VEILINGS

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Bid­ders C­hoi­ce veil op 9 Ju­nie ’n pri­ma ny­wer­heids­ei­en­dom in Roo­de­poort op. Dit be­skik oor ’n pak­huis, kan­to­re en stoor­ka­mers. Die vei­ling word om 11:00 op die per­seel by Ni­chols­straat 17 in C­ham­dor, Roo­de­poort, ge­hou.

Dit is ge­leë in ’n ny­wer­heidsno­dus met ou­er, ge­ves­tig­de ge­boue. Hoof- en se­kon­dê­re roe­tes, in­slui­ten­de Hoof­rif­weg, ver­skaf mak­li­ke toe­gang tot die ei­en­dom. Sa­ke­lui of ei­en­doms­be­leg­gers be­hoort daar­in be­lang te stel.

C­ham­dor is sen­traal ge­leë in die Roo­de­poort­se sa­ke­dis­trik en die Kru­gers­dorp­se sa­ke­dis­trik is na­by, met sen­tra­le Jo­han­nes­burg on­ge­veer 25 km daar­van­daan.

Al­le mo­der­ne ge­rie­we is bin­ne re­de­li­ke af­stand. C­ham­dor is ook be­trek­lik na­by ver­skeie woon­buur­te, wat toe­gang vir per­so­neel­le­de ver­ge­mak­lik.

Die erf kyk noord na Ni­chols­straat en is taam­lik plat, met mak­li­ke toe- gang na die straat. Daar is vier ge­boue. Die eer­ste is ’n groot dub­bel­vo­lu­me­pak­huis met ver­skeie deu­re wat groot ge­noeg is vir vrag­mo­tors. Die pak­huis het ook a­blu­sie­ge­rie­we, stoor­ka­mers en ’n kan­toor­kom­po­nent.

Die twee­de ge­bou is ’n bak­steen­struk­tuur aan die oos­te­li­ke grens van die ei­en­dom. Dit be­skik oor krag­ver­skaf­fings­ka­mers, a­blu­sie­ge­rie­we en ’n weeg­brug­kan­toor.

Die weeg­brug is eg­ter ver­wy­der en die ge­bou be­no­dig al­ge­me­ne in­stand­hou­ding en her­stel­werk.

’n Oop pak­huis en ’n on­vol­tooi­de kan­toor­kom­po­nent is langs die wes­te­li­ke grens.

Die oop pak­huis het ba­sie­se pak­huis­ge­rie­we en dit lyk as­of dit in die ver­le­de as ’n stoor­plek ge­bruik is. Af­wer­king en in­stal­le­ring is no­dig in die kan­toor­kom­po­nent.

Al­le ver­be­te­rings wat voor­heen aan die ei­en­dom aan­ge­bring is, be­no­dig in­stand­hou­ding en her­stel­werk.

Die ge­boue op die ei­en­dom is ge­skik vir ny­wer­heids­doel­ein­des soos stoor of ver­vaar­di­ging. Al­ge­me­ne a­re­as soos par­keer­ter­rei­ne en diens­ruim­tes bied goeie moont­lik­he­de vir ont­wik­ke­ling aan die he­le ei­en­dom.

) Bel Pie­ter Gel­den­huys by 082 808 1801 vir nog in­lig­ting.

Dié ny­wer­heids­ei­en­dom in C­ham­dor in Roo­de­poort word in Ju­nie op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.