PVA hou e­nor­me meu­bel­ver­ko­ping

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) gaan in Ju­nie ’n e­nor­me hoe­veel­heid nu­we meu­bels van goeie ge­hal­te uit Eu­ro­pa in op­drag van ’n in­ter­na­si­o­na­le ka­pi­taal­fir­ma van die hand sit.

Dit sal die groot­ste meu­bel­ver­ko­ping tot nog toe wees.

Dit sluit in bin­ne­hui­se en bui­te­hui­se meu­bels vir die huis, as­ook de­kor­meu­bels vir kan­toor­ge­bruik.

Elai­ne Ha­gue van PVA sê dit is nie al­dag dat splin­ter­nu­we meu­bels van dié ka­li­ber te koop aan­ge­bied word nie.

Sy sê dit be­hoort die be­lang­stel­ling van huis­ei­e­naars, on­der­ne­mings en bin­nens­hui­se ver­sier­ders gaan­de te maak.

“In die lig van die hui­di­ge e­ko­no­mie­se kli­maat, is dié ’n ver­ko­ping wat be­slis nie mis­ge­loop moet word nie.”

Die ver­ko­ping word van Don­der­dag 2 Ju­nie tot Son­dag 5 Ju­nie van 09:00 tot 17:00 by PVA se pak­huis in Pro­le­con­weg in Pro­le­con, suid van Jo­han­nes­burg, ge­hou.

) Vir meer in­lig­ting oor die vei­ling kan www.park­vil­la­geaucti­ons.co.za be­soek word of men­se kan 011 789 4375 s­ka­kel.

Een van die meu­bel­stuk­ke uit Eu­ro­pa wat in Ju­nie deur PVA ver­koop word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.