Kry vyf buur­pla­se in Vry­staat

Al vyf pla­se ge­sa­ment­lik gro­ter as 4 000 ha

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Vyf aan­gren­sen­de pla­se met groot be­leg­gings­po­ten­si­aal in die Bos­hof-om­ge­wing in die Vry­staat word in Ju­nie per ten­der deur BKB Ei­en­dom­me op­ge­veil.

“Dit is uit­ste­ken­de land­bou­ei­en­dom­me met wa­ter, veld en wild,” sê Wil­lie van Rens­burg van BKB Ei­en­dom­me.

Die hoof­be­dry­wig­he­de in die Bos­hof-om­ge­wing is skaap-, bees- en wild­boer­de­ry.

Die eer­ste plaas wat be­skik­baar is, is Du Toit­skui­len van 1 413,5 ha, die groot­ste van die vyf.

Die plaas het ’n uit­ste­ken­de wa­ter­voor­raad, gras­vlak­tes, ’n wer­kers­huis, ’n stoor­ka­mer en ’n ron­da­wel vir jag­ters en is ten vol­le om­hein.

Die twee­de plaas is Ar­nots­den van 888,7 ha. Dié plaas het ook ’n goeie wa­ter­voor­raad, veld en bo­me. On­der die ver­be­te­rings is twee wer­kers­hui­se, ’n stoor­ka­mer en ’n by­ko­men­de bly­plek.

Dan is daar Vre­de met ’n op­per­vlak­te van 671,2 ha. Ver­be­te- rings op dié plaas sluit in drie wer­kers­hui­se, drie sto­re en ’n by­ko­men­de bly­plek. Daar is ver­der nog twee pla­se van on­der­skei­de­lik 894,9 ha en 447,4 ha met ver­be­te­rings op.

Moont­li­ke ten­ders sluit in die eer­ste drie pla­se af­son­der­lik, die laas­te twee saam, of al vyf saam.

“Wat ’n groot ge­leent­heid is dit nie. Koop al vyf pla­se, of be­lê slegs in een,” sê van Rens­burg.

Ten­der­do­ku­men­te is be­skik­baar by Ce­ci­li­a­straat 100, Paarl. Ten­ders sluit op 15 Ju­nie om 12:00. Be­sig­ti­ging is slegs per af­spraak. Vir meer in­lig­ting bel Van Rens­burg by 083 261 7641 of be­soek www.bkb.co.za.

Dit is uit­ste­ken­de land­bou­ei­en­dom­me met wa­ter, veld en wild.

Een van die pla­se in die Bos­hof­om­ge­wing in die Vry­staat wat in Ju­nie per ten­der deur BKB Ei­en­dom­me op­ge­veil word.

’n D­rink­plek vir die­re op een van die vyf pla­se wat af­son­der­lik of ge­sa­ment­lik per ten­der ver­koop word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.