Ont­wik­ke­lings­kans in Ly­den­burg

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

Van’s Aucti­o­neers het ’n ge­leent­heid vir re­si­den­si­ë­le en kom­mer­si­ë­le ont­wik­ke­laars om ’n ei­en­dom van 21,7 ha met voor­ma­li­ge ont­wik­ke­lings­goed­keu­ring per o­pen­ba­re ten­der te ver­kry.

Die ei­en­dom is in die hart van Ly­den­burg in M­pu­ma­lan­ga en een van die laas­te oor­bly­wen­de stuk­ke grond met ont­wik­ke­lings­po­ten­si­aal.

Die voor­ma­li­ge her­so­ne­ring en ont­wik­ke­lings­goed­keu­ring het voor­sie­ning ge­maak vir re­si­den­si­ë­le ont­wik­ke­ling (hui­se en een­he­de), kom­mer­si­ë­le ont­wik­ke­ling, o­pen­ba­re ruim­te en goed­keu­ring vir ’n pri­va­te pad.

So­wat 12,985 ha het po­ten­si­aal vir die ont­wik­ke­ling van 253 er­we van 400 m² elk en 1,5 ha is ge­skik vir die ont­wik­ke­ling van 68 re­si­den­si­ë­le een­he­de. Die kom­mer­si­ë­le erf be­slaan 1 ha en die pri­va­te pad 4,4 ha.

Ly­den­burg is ’n pro­mi­nen­te land­bou- en myn­bou­spil­punt en be­sig om uit te brei. Die Booy­sen­dal­myn is so­wat 35 km van­af Ly­den­burg.

Die dorp het ge­gra­deer­de ver­blyf en word as die hart van die kuns­vlieg­hen­gel­be­dryf be­stem­pel.

Ly­den­burg lê aan die on­der- punt van die Long Tom­pas met sy skil­der­ag­ti­ge land­skap en rol­len­de heu­wels.

Die do­ku­men­ta­sie vir die ten­der kan by ma­ris­ka@van­saucti­ons.co.za ver­kry word. Die ten­der sluit op 10 Ju­nie om 12:00. Meer in­lig­ting is by www.van­saucti­ons.co.za.

So lyk die ont­wik­ke­lings­per­seel in Ly­den­burg uit die lug uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.