Druk­per­se, druk­kers op­ge­veil

Beeld - - Eiendomme & Veilings -

’n Versameling Hei­del­berg­druk­per­se van goeie ge­hal­te, ’n ver­skei­den­heid di­gi­ta­le druk­kers en an­der toe­rus­ting word aan­lyn deur GoIn­du­stry Do­vebid op­ge­veil.

Dié toe­rus­ting is af­koms­tig uit die li­kwi­da­sie van die Si­son­ke-druk­ke­ry.

Die aan­lyn bod­pro­ses o­pen op Dins­dag 24 Mei en sluit op 31 Mei om 14:00.

Die toe­rus­ting is i­de­aal vir maat­skap­pye wat die pro­duk­sie­ver­moë van hul druk­ke­rye wil uit­brei, sê John Booy­ens, hoof­be­stuur­der: ver­ko­pe van GoIn­du­stry Do­vebid in Gau­teng.

“Hoe­wel som­mi­ge i­tems re­ser­we­pry­se het, moet al­les van die hand ge­sit word, wat be­te­ken daar kan ’n paar wins­ko­pe wees,” sê hy.

Hy son­der ver­al die 2002 Hei­del­berg S­peed­mas­ter uit as ’n waar­de­vol­le i­tem.

’n By­ko­men­de drie Hei­del­berg S­peed­mas­ters wat tus­sen 1981 en 1996 ver­vaar­dig is, sal ook groot be­lang­stel­ling lok.

Druk­per­se van dié me­ga­nie­se in­ge­ni­eurs­fir­ma wat so lank te­rug soos in die vroeë 1900’s ver­vaar­dig is, is steeds in be­dryf en be­kend vir hul on­oor­tref­li­ke pro­duk­ti­wi­teit, sê hy.

“Dié werk­es­els wat op­ge­veil word, het be­dui­den­de vo­lu­mes vir ’n wye ver­skei­den­heid kli­ën­te be­har­tig.”

Die di­gi­ta­le druk­kers kom hoof­saak­lik uit die Ze­rox-stal en sluit in twee 2105 Xe­rox Nu­ve­ra 120 EA-druk­kers, as­ook ’n Ri­coh Pro.

Booy­ens sê die vei­ling bied ’n wye ver­skei­den­heid toe­rus­ting vir ’n druk­kers­win­kel om in e­ni­ge on­der­ne­ming se be­hoef­tes te voor­sien.

Vir ver­de­re in­lig­ting kan Booy­ens by 071 603 4478 ge­bel word.

Een van die druk­per­se wat aan­lyn deur GoIn­du­stry Do­vebid op­ge­veil word. Die Hei­del­berg S­peed­mas­ter word as be­son­der waar­de­vol be­stem­pel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.