Is Kings weer die Ja­gua­res se slaan­sak?

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Port E­li­za­beth. – Kan dié boom­pie van­dag oor­leef?

Dit is die vraag wat ’n mens kan vra as jy dig­ter­lik raak en die Sout­hern Kings met ’n boom­pie ver­ge­lyk wat hier­die sei­soen al erg ver­niel is.

An­der span­ne het al soos swaar­ge­laai­de os­se­wa­ens oor die boom­pie ge­ry en die os­se het som­mer ook al hul ding op die boom­pie ge­doen.

Maar el­ke week suk­kel die boom­pie maar weer reg­op. Net om weer ge­stoom­rol­ler te word. En van­aand kom die Kings in die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on te staan teen een van die span­ne wat hul­le al die erg­ste ver­niel het – die Ja­gua­res.

Wie het die tel­ling al ver­geet waar­mee die Ar­gen­ty­ne die Baai­se span in Bu­e­nos Ai­res ver­ne­der het?

Met 73-27. Ja, dit was die tel­ling, men­se.

Daar het in­tus­sen heel­wat din­ge met die Kings ge­beur. Om twee din­ge te noem: 1.) Hul­le het tal­le staat­ma­ker-spe­lers weens be­se­rings ver­loor. 2.) Hul­le is ver­le­de week deur die Haaie ver­ne­der.

O ja, en nog ’n Nieu-See­land­se ru­briek­skry­wer het hul­le “’n grap” ge­noem.

Sul­ke ru­briek­skry­wers is wel kort­sig­tig.

Maar as jy die klank­baan van die TV-pro­gram Just for Laughs speel en die Kings se ver­bou­de duik­slae ver­le­de week teen die Haaie wys, sal jy dalk ook lag.

Of huil. Hang af of jy ’n Kings-on­der­steu­ner is of nie.

Kings-on­der­steu­ners wil na­tuur­lik graag van­aand om die reg­te re­des lag.

Dit kan eg­ter moei­lik wees. Die Ja­gua­res se groot ne­der­laag ver­le­de week teen die Leeus het hul­le wak­ker ge­skud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.