A­pril vir nog twee jaar in Haai­tenk

Gold glim­lag breed

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Hou jul han­de van ons jong ta­lent af.

Dit is die bood­skap wat die Haaie in geen on­dui­de­li­ke taal nie uit­ge­stuur het aan die an­der u­nies, deur te be­ves­tig dat Garth A­pril ook sy kon­trak met twee jaar ver­leng het.

Dit volg kort op die nuus dat die Du P­reez-twee­ling, Je­anLuc en Da­niel, vir ten min­ste nog twee jaar in Dur­ban sal aan­bly.

“Hier­mee maak ons ’n ge­wis­se stel­ling,” sê Gary Gold, die Haaie se af­rig­ter en ook die di­rek­teur van rug­by.

“Je­an-Luc, Da­niel en Garth het al­mal groot in­druk en vor­de­ring ge­toon oor die laas­te paar maan­de en daar is nie ’n span in Su­per­rug­by, as­ook klubs in Eu­ro­pa, wat nie in hul­le be­lang­stel nie.

“Die aan­vraag na hul­le is baie groot,” er­ken Gold.

“Dit is vir ons be­lang­rik dat hul­le in Dur­ban bly en deel is van die nu­we ge­slag Haaie wat nou vin­nig ont­wik­kel.

“Die ver­se­ke­ring dat hul­le tot min­stens 2018 hier by ons sal wees, is met groot vreug­de en ook ver­lig­ting ont­vang deur al­mal wat by die Haaie be­trok­ke is,” sê Gold.

Dit is vir ons be­lang­rik dat hul­le in Dur­ban bly — GARY GOLD

Met die skaars­ste aan goeie jong los­ska­kels in die land, sou ver­al A­pril in die vi­sier ge­wees het van al die groot u­nies.

Hy het van­jaar se­we wed­stry­de vir die Haaie in die Su­per­reeks ge­speel en hoe­wel hy soms in die ska­du van Pa­trick Lam­bie sal speel, het hy reeds ge­wys dat na­ma­te hy meer speel­kans kry, hy sy eie vin­ger­af­druk by die Haaie sal laat.

Dit sal baie ge­rus­stel­lend vir die Haaie wees om sy naam op die span­lys te kan neer­pen, ver­al wan­neer Lam­bie met in­ter­na­si­o­na­le ver­plig­tin­ge be­sig is.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die jong Garth A­pril ty­dens ’n Haaie­oe­fe­ning op Kings­park in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.