Van­di­ar, Si­bo­to on­der nu­we Ti­tans­aan­wins­te

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Na­dat twee van die drie trofeë waar­om daar op die plaas­li­ke krie­ket­to­neel mee­ge­ding word, ’n tuis­te in die Ti­tans se hoof­kan­toor in Cen­tu­ri­on ge­kry het, gaan dié fran­chi­se pro­beer om sy heer­skap­py aan­staan­de sei­soen ver­der te voer.

On­der lei­ding van sy af­rig­ter, Rob Wal­ter, het die Ti­tans hul spie­re die af­ge­lo­pe sei­soen be­hoor­lik ge­bult.

Hul­le het ko­ning ge­kraai in die meer­daag­se en ook die T20reeks, maar het nie die mas in die een­dag­reeks op­ge­kom nie.

Van die nu­we ge­sig­te wat aan­staan­de sei­soen by die Ti­tans aan­meld, is Ma­lu­si Si­bo­to, die K­nig­hts se snel­bou­ler, as­ook die Dolphins Jonathan Van­di­ar en Da­niel Sin­cu­ba.

Die 28-ja­ri­ge Si­bo­to hoort die plek van die ve­te­raan Ethy M­bha­la­ti in die bou­l­aan­val in te neem. Hy was ’n ver­na­me lid van die Bloem­fon­tei­ners se bou­l­aan­val.

Van­di­ar, wat se­dert hy van die Li­ons na die Dolphins ge­skuif het nooit reg­tig tot sy reg ge­kom het in Dur­ban nie, is nog­al ’n vreem­de ko­pie.

Hy sal by die Ti­tans mee­ding om ’n plek in die to­por­de met ge­ves­tig­de spe­lers soos Hen­ry Da­vids, Qaas­im A­dams, Hei­no Kuhn, Quin­ton de Kock, De­an El­gar en Far­haan Be­har­dien.

Sin­cu­ba is ’n groen­tjie op fran­chi­se­vlak en het maar en­ke­le wed­stry­de vir die Dolphins ge­speel se­dert hy twee sei­soe­ne ge­le­de ge­de­bu­teer het.

Hy is ’n paal­tjie­wag­ter/kol­wer en daar word ge­hoop dat hy dalk die skoe­ne kan vol­staan van Man­ga­li­so Mo­sehle wat die Juk­skei­ri­vier oor­ge­steek het om hom by die Li­ons aan te sluit.

Tog hoort Hein­rich Klaas­en die aan­ge­we­se keu­se as paal­tjie­wag­ter te wees.

Spe­lers wat die Ti­tans ver­loor het be­ne­wens Mo­sehlet, is T­heu­nis de Bruyn en Mar­chant de Lan­ge, wat al­bei K­nig­hts toe is.

Dan gaan Gra­e­me van Buur­en voort­aan in En­ge­land krie­ket speel en die jong Cor­bin Bosch is Aus­tra­lië toe. Fo­to’s: GALLO IMAGES

Die aan­vangs­kol­wer Ai­den Mar­kram, wat die kap­tein van die SA o.19-span was wat ’n paar jaar ja­re ge­le­de die Wê­reld­be­ker ver­o­wer het en waar­van Bosch ook ’n lid was, bly by die Ti­tans na­dat daar in ’n sta­di­um spra­ke was dat hy ook sy vler­ke sou sprei.

Die Ti­tans is ook die fran­chi­se wat die mees­te na­si­o­na­le ge­kon­trak­teer­de spe­lers het. Dié ses­tal is AB de Vil­liers, Faf du P­les­sis, El­gar, Be­har­dien, Mor­né Mor­kel en De Kock.

Jonathan Van­di­ar

Da­niel Sin­cu­ba

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.