Na­dal, Se­re­na vuur­warm

Ra­fa speel hom in ten­nis se Klub 200 in

Beeld - - Sport - – bbcsport.com en skysports.com

Pa­rys. – Ra­fa­el Na­dal is nou ook ’n lid van ten­nis se Klub 200, na­dat hy gis­ter sy 200ste Grand Slam-oor­win­ning in die twee­de ron­de van die Fran­se Ope be­haal het.

Na­dal, wat op jag is vir sy tien­de ti­tel by Pa­rys se Ro­land Gar­ros-ten­nis­kom­pleks, het Fa­cun­do Bag­nis van Ar­gen­ti­nië met 6-3, 6-0, 6-3 van die baan ge­vee.

Na­dal, wat vier­de ge­keur is, het die eer­ste twee pot­te teen Bag­nis ver­loor, maar 18 van die vol­gen­de 22 ge­wen om hom by Ro­ger Fe­de­rer (302 oor­win­nings), Jim­my Con­nors (233) An­dré A­gas­si (224), I­van Lendl (222), Roy E­mer­son (217), No­vak D­jo­ko­vic (215) en Pe­te Sam­pras (203) aan te sluit.

“Die be­lang­rik­ste is dat ek in die twee­de ron­de ge­wen het . . . en nie die 200 oor­win­nings nie. Dis slegs ’n ge­tal,” het Na­dal, wat nog net ne­ge pot­te in sy eer­ste twee wed­stry­de af­ge­staan het, ge­sê.

Die eer­ste ge­keur­de No­vak D­jo­ko­vic van Ser­wië, het ook mak­lik deur­ge­dring toe hy S­te­ve Dar­cis van Bel­gië met 7-5, 6-3, 6-4 uit­ge­ska­kel het.

D­jo­ko­vic het die so­veel­ste myl­paal in sy loop­baan be­reik toe hy slegs die der­de spe­ler, naas Fe­de­rer en Se­re­na Wil­li­ams, ge­word het wat 50 oor­win­nings in al vier ten­nis se Grand Slam-toer­nooie be­haal het.

D­jo­ko­vic se se­ge oor Dar­cis was sy 50ste oor­win­ning op Ro­land Gar­ros.

“Ek is bly dat ek in drie stel­le kon wen, maar daar was ’n paar din­ge in my spel waar­van ek nie ge­hou het nie.

“Te veel on­ge­dwon­ge fou­te ná my eer­ste of twee­de hou,” het D­jo­ko­vic ge­sê.

An­der mans wat ook deur­ge­dring het, is Jo-Wilf­ried Tson­ga en A­li­jaz Be­de­ne.

Be­de­ne (26), B­rit­tan­je se naas­bes­te spe­ler ná An­dy Mur­ray, moes baie hard spook voor­dat hy Car­re­no Bus­ta van S­pan­je, wat 43 plek­ke ho­ër as hy op die wê­reld­rang­lys is, met 7-6 (4), 6-3, 4-6, 5-7, 6-2 kon klop.

Be­de­ne, wat in Slo­we­nië ge­bo­re is, maar vir B­rit­tan­je speel, het 23 kis­houe ge­slaan.

Sy vol­gen­de teen­stan­der is D­jo­ko­vic.

Vroe­ër het die T­sjeg­gie­se Re­pu­bliek se To­mas Ber­dych (se­wen­de ge­keur) vier stel­le be­no­dig voor­dat hy Ma­lek Ja­zi­ri van Tu­ni­sië se toer­nooi kon be­ein­dig.

Er­nests Gul­bis het die 26ste ge­keur­de Jo­ao Sou­sa van Por­tu­gal ge­klop. Pa­blo Cu­e­vas het Frank­ryk se Qu­en­tin Ha­lys in skoon stel­le ge­klop.

In die vroue-af­de­ling het Wil­li­ams haar op­mars voort­ge- sit toe sy Te­li­a­na Pe­rei­ra in skoon stel­le ge­klop het.

Die voor­ste vroue-spe­ler in die wê­reld het kat en muis met haar Bra­si­li­aan­se teen­stan­der ge­speel en bin­ne 66 mi­nu­te met 6-2, 6-1 ge­wen.

Wil­li­ams, wat in die eer­ste ron­de net twee pot­te in haar ver­mor­se­ling met 6-2, 6-0 oor Mag­da­le­na Ry­ba­ri­ko­va af­ge- staan het, het gis­ter 31 wen­houe ge­mo­ker.

Die 34-ja­ri­ge A­me­ri­ka­ner het 22 daar­van in die eer­ste stel ge­slaan.

Wil­li­ams is op soek na haar vier­de Fran­se Ope-ti­tel.

Dit sal ook S­tef­fi Graf se re­kord van 22 Grand Slam-ti­tels e­we­naar.

Ana I­va­no­vic, wat in 2008 hier ge­wen het, is ook deur tot die der­de ron­de toe sy Ku­ru­mi Na­ra met 7-5, 6-1 uit­ge­ska­kel het.

Din­ge het le­lik skeef ge­loop vir die jong Ka­na­dees Eu­ge­nie Bou­chard.

Sy is met 4-6, 4-6 deur die S­wit­ser Ti­mea Ba­csin­szky (agt­ste ge­keur) uit­ge­ska­kel.

Fo­to: REU­TERS

Se­re­na Wil­li­ams op pad na haar mak­li­ke se­ge in die twee­de ron­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.