‘Al vier span­ne ver­dien net­bal­kroon’

Beeld - - Sport - Ru­an Bru­wer

Bloem­fon­tein. – Met baie min te kies tus­sen die vier net­bal­span­ne in die half­eind­ron­de van die Bru­tal Fruit-li­ga, gaan er­va­ring, be­sluit­ne­ming en uit­voe­ring on­der druk meer deur­slag­ge­wend as ooit wees.

Die span­ne van Noord­wes se Fla­mes en die Vry­staat­se C­ri­nums is van­dag om 18:00 in die half­eind­ron­de slaags. Daar­na sal die Noord-Gau­teng­se Ja­guars die Sout­hern S­tings om 20:00 aan­durf.

Met stamp­vol pa­vil­joe­ne wat in die O­li­ve-kon­fe­ren­sie­sen­trum in Dur­ban ver­wag word en die ti­tel van Suid-A­fri­ka se voor­ste net­bal­span op die spel in mô­re se eind­stryd, gaan dit ’n ge­spook soos min af­gee.

Die ge­we­se Pro­tea-kap­tein Deb­bie Ham­man meen die span­ne wat die mees­te bal­le kan draai én dit in doe­le om- skep, be­hoort bo uit te kom.

“Dit gaan nie oor die bes­te doel­ge­mid­del­de of die mees­te on­der­skep­pings neer­kom nie, maar oor wie daar­die om­ge­keer­de be­sit op die tel­bord kan laat tel,” het Ham­man ge­sê.

Die Fla­mes en S­tings het aan­vank­lik die pas aan­ge­gee, maar die C­ri­nums en die Ja­guars het teen die ein­de van die groep­fa­se be­gin toon hul­le het ’n der­de ver­sky­ning in die eind­stryd in die voor­uit­sig.

Dit was ook dié twee span­ne wat in die groep­fa­se kop­ge­hou het toe die druk kook­punt be­reik het.

Die Ja­guars het ’n doel in die laas­te se­kon­des teen die Fla­mes be­haal en ge­lyk­op ge­speel.

Die C­ri­nums het die­self­de teen die S­tings ver­mag en het met ’n en­ke­le doel ge­se­ë­vier.

Boon­op het die Vry­sta­ters en die Gau­ten­gers die land se bes- te twee spe­lers – Kar­la Mos­tert, hul hulp­ver­de­di­ger, en Le­ni­ze Pot­gie­ter, hul doel­skie­ter.

Hul­le het daar­die X-fak­tor en het son­der twy­fel hul span­ne ver­sterk se­dert hul­le in die laas­te na­week van die groep­fa­se van be­roeps­net­bal in En­ge­land te­rug­ge­keer het.

“Al vier span­ne ver­dien om in die eind­stryd te wees en die reeks te wen. Ek dink dit gaan neer­kom op wie dit die heel graag­ste wil hê,” het Me­lis­sa Kot­ze, Ja­guars-kap­tein, ge­sê.

“As ’n span het ons ná ’n sta­di­ge be­gin baie ge­groei. Ons het pro­beer om ons swak­pun­te in sterk­pun­te te om­skep en het die har­de werk in­ge­sit.”

Le­a­nie K­leyn­hans-Cor­ne­lis­sen, kap­tein van die S­tings, het ge­sê hul stra­te­gie is om vin­nig by die om­stan­dig­he­de op die baan aan te pas.

Ook Bur­ta de Kock, brei­er van die C­ri­nums, ver­wys na die be­lang­rik­heid van aan­pas­baar­heid.

Vol­gens Na­dia Uys, kap­tein van die on­oor­won­ne Fla­mes, is al vier span­ne baie ge­lyk en gaan dit daar­op neer­kom wie op die dag die bes­te is.

Fo­to: SASPA

Na­dia Uys, die kap­tein van Noord­wes se Fla­mes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.