SWD lok Nieu­See­land se ge­we­se krie­ket­af­rig­ter

Beeld - - Sport - – KSA

Oudts­hoorn. – An­dy Mo­les, ’n voor­ma­li­ge af­rig­ter van Nieu­See­land se krie­ket­span, het ’n kon­trak on­der­te­ken om die vol­gen­de twee sei­soe­ne aan die stuur van Suid­wes­te­li­ke Dis­trik­te te wees.

Mo­les, wat tus­sen 1986 en ’98 ’n aan­vangs­kol­wer vir War­wicks­hi­re was, het ook vyf sei­soe­ne by G­rie­kwa­land­Wes deur­ge­bring.

Hy het sy af­rig­ter­s­loop­baan by die Vry­staat be­gin en het daar­na ook Ke­nia, S­kot­land en En­ge­land se o.19span­ne af­ge­rig, voor­dat hy in 2008/ ’09 aan die stuur van Nieu­See­land was.

“Om die hoof­af­rig­ter van SWD te wees, is ’n groot voor­reg en ge­leent­heid en ek glo daar is heel­wat uit­son­der­li­ke ta­lent in die Suid­Kaap,” het Mo­les ge­sê.

Mo­les het Af­ga­ni­stan ook help kwa­li­fi­seer vir die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in 2015.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.