Bul­le het hul huis­werk vir der­by ge­doen

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Doen soos wat die Hur­ri­ca­nes en die Cru­sa­ders op El­lis­park ge­doen het.

Die Bul­le se blou­druk mô­re op Lof­tus Vers­feld in die Su­per­rug­by-stryd teen die Leeus sal tot ’n groot ma­te ge­skoei wees op die wel­slae wat dié Nieu-See­land­se span­ne ver­le­de maand in Jo­han­nes­burg be­haal het.

Die Cru­sa­ders het die Leeus met 43-37 ge­klop, waar­na die Hur­ri­ca­nes die tuis­span teen die ver­wag­tin­ge in met 50-17 af­ge- ran­sel het.

Nol­lis Marais, die Bul­le se af­rig­ter, het ver­klap hul­le het die laas­te ruk “waar­skyn­lik 70 wed­stry­de” van die Leeus on­der die ver­groot­glas ge­had.

“Ons weet pre­sies wat hul­le doen en waar op die veld.

“Dit is be­lang­rik om by­voor­beeld vas te stel hoe die Hur­ri­ca­nes op die ver­de­di­ging op­ge- kom het en wat hul tak­tiek in die kon­tak­si­tu­a­sies en by die af­breek­pun­te was.

“Na­tuur­lik het ons daar­na ge­kyk in ’n po­ging om dit tot ons voor­deel te ge­bruik. Ons het die wed­stry­de teen die Hur­ri­ca­nes en die Cru­sa­ders sorg­vul­dig be­stu­deer.”

Die Hur­ri­ca­nes het die Leeus by die af­breek­pun­te oor­heers en dit het War­ren W­hi­te­ley-hul­le se rit­me heel­te­mal ver­steur.

Dié som is mak­lik om te doen: Die Bul­le gaan dít pro­beer her­haal. Die Lig­blou-los­trio van Ar­no Bo­tha, Jan­nes Kir­sten en Lap­pies La­bu­schag­né het juis Sa­ter­dag teen die S­tor­mers ’n bars­hou ge­speel.

Marais sê die Bul­le het ’n be­ter ba­lans ge­vind na­dat daar vroe­ër dalk te veel op aan­val­len­de rug­by ge­fo­kus is.

“Dit is steeds ons doel­wit, maar ons pri­o­ri­tei­te was dalk nie reg nie.

“Die fo­kus was aan­vank­lik te veel daar­op om aan te val, ter­wyl die o­nus meer op die vas­te fa­set­te moes wees. In En­gels lui die ge­seg­de: You e­arn the rig­ht to go wi­de.”

“Ons wil meer aan­val­lend speel en ons het daar­van af­ge­wyk teen die Brum­bies en die Wa­ra­tahs.

“Hoe jy ook al be­plan om te speel, dit is eer­stens be­lang­rik om in die vas­te fa­set­te te oor­heers. Dit was ’n be­lang­ri­ke les wat ons moes leer.”

Marais sê die Bul­le gaan goeie oor­deel aan die dag moet lê wan­neer hul­le teen die Leeus aan­val.

“As jy dink jy gaan teen ’n goeie ver­de­di­ging­span (soos die Leeus) kan wyd gooi, gaan hul­le be­sit af­neem en jou straf.

“Om kon­ser­wa­tief te wees is ook nie die ant­woord nie. Ons moet meer uit­rig op die aan­val deur die be­sit wat ons uit die vas­te fa­set­te kry, te be­nut.”

Marais gee toe die pro­bleem met ’n ge­dug­te span soos die Leeus is dat dit mak­li­ker is om hom te ont­leed as om dit wat jy wys ge­word het, deur te voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.