B­lit­se on­se­ker oor Ha­ba­na

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

S­tel­len­bosch. – Die S­pring­bok-vleu­el Bry­an Ha­ba­na sal op 13 Ju­nie by die Suid-A­fri­kaan­se Se­wes­rug­by­span se oe­fen­kamp moet aan­meld as hy nog na die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro wil gaan.

Die S­pe­le word in Au­gus­tus ge­hou en Neil Po­well, die B­lits­bok-af­rig­ter, het reeds met sy be­plan­ning be­gin.

Hy maak vol­gen­de week ’n span be­kend wat op 10 en 11 Ju­nie aan ’n se­westoer­nooi in Ro­me deel­neem.

Ha­ba­na (32), wat in twee toer­nooie (Las Ve­gas en Van­cou­ver) vir die B­lit­se ge­speel het, suk­kel met ’n dy­spier­be­se­ring en is nog nie van sy Fran­se klub, Tou­lon, vry­ge­stel nie.

Tou­lon het vir die uit­klop­ron­des van die Fran­se Top14-reeks ge­kwa­li­fi­seer en as hy die eind­stryd (24 Ju­nie) haal, sal Ha­ba­na nie saam met die B­lit­se na Rio kan reis nie.

Die kan­se is ook skraal dat Mou­rad Boud­jel­lal, Tou­lon-ei­e­naar, hom sal laat gaan om by die B­lit­se aan te sluit. Boud­jel­lal het al van­te­vo­re spe­lers met reg­stap­pe ge­dreig as hul­le die klub sou ver­laat om vir hul land te gaan speel.

“Dit is be­lang­rik dat Bry­an vir die eer­ste drie we­ke van ons oe­fen­kamp hier is, want ons gaan be­lang­ri­ke goed in daar­die tyd dek,” het Po­well ge­sê. “Ons gaan hard werk aan ons fiks­heid en kon­di­si­o­ne­ring, en ook in­di­vi­du­eel met spe­lers werk om hul vaar­dig­he­de te ver­be­ter.

“Ek het vir hom ge­sê dit gaan moei­lik wees om hom as ’n aan­spraak­ma­ker vir ’n plek in die groep te be­skou as hy nie dan al by ons kan aan­sluit nie.”

Die B­lits­bok-brei­er hou in­tus­sen ook a­sem op oor die lot van die S­tor­mers-spe­lers C­heslin Kol­be en Ju­an de Jongh.

As hul­le mô­re­aand in Al­lis­ter Coet­zee se heel eer­ste S­pring­bok-groep in­ge­sluit word, sal hul­le nie be­skik­baar wees om in Rio vir die B­lit­se uit te draf nie. Po­well wou nie kom­men­taar le­wer oor die duo se moont­li­ke in­slui­ting in die Bok-span nie, maar hoop nie­te­min hul­le sal woord hou en eer­der vir die B­lit­se speel.

) In­tus­sen sal Wer­ner Kok, die 2014-’15-sei­soen se se­wes­rug­by­spe­ler van die jaar, in Ro­me speel­kans kry na­dat hy van ’n erns­ti­ge knie­be­se­ring her­stel het.

Kok het in van­jaar se Wê­reld­reeks net in die Du­bai-toer­nooi ge­speel.

Die Blou Bul-heel­ag­ter War­rick Ge­lant en die B­lits­bok-ve­te­ra­ne Fran­kie Hor­ne en Bran­co du P­reez sal ook na I­ta­lië reis.

Rayno Ben­ja­min sal weens sy kuit­be­se­ring nie be­tyds ge­reed wees vir dié toer­nooi nie, maar sal ho­pe­lik by ’n plaas­li­ke toer­nooi op 1 en 2 Ju­lie ’n laas­te kans kry om ’n Rio-kleim af te steek.

Vol­gens Po­well word dié toer­nooi be­plan om speel­kans te gee aan span­ne soos Ke­nia en Sa­moa, wat nog vir Rio moet kwa­li­fi­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.