Dan Ni­choll be­ant­woord dié keer al die vrae

Ons het ho­pe uit­da­gings in ons land en sport kan baie van hul­le aan­pak. Dit is reeds die der­de reeks van The Dan Ni­choll Show, ’n ge­wil­de ge­sels­pro­gram wat el­ke Woens­dag­aand om 19:00 op die ka­naal Su­pers­port 1 uit­ge­saai word. Dié keer ant­woord Dan die vra

Beeld - - Vrydag! -

Ver­tel ons so ’n bie­tjie meer oor The Dan Ni­choll Show. El­ke week kry ons be­ken­de per­soon­lik­he­de van ons land as gas­te op die pro­gram en dan het ons ge­woon­lik ho­pe pret. Hoe­wel twee van die gas­te al­tyd sport­men­se is, fo­kus die pro­gram meer op hul leef­styl as die sport.

Dis al­tyd in­te­res­sant om uit te vind wie die men­se ag­ter die sport is en wat­ter an­der in­te­res­san­te goed hul­le doen.

Ons kry ge­woon­lik on­ver­wag­te kom­bi­na­sies van men­se met baie ver­maak­li­ke ge­vol­ge. El­ke week het ons ook ’n in­set­sel op die pro­gram met ’n by­ko­men­de gas en ’n ek­so­tie­se be­stem­ming. Vir hier­die reeks het ons plek­ke soos die S­wit­ser­se Al­pe, Ber­lyn vir die Lau­re­us-sport­pry­se en Bang­kok be­soek. Om­dat die O­lim­pie­se S­pe­le van­jaar plaas­vind, kan ky­kers ook ’n paar O­lim­pie­se ster­re op die pro­gram ver­wag.

Ver­tel ons vyf goed van jou­self wat nie­mand weet nie.

1. Ek het vyf jaar lank as die stem van A­jax Kaap­stad ge­werk en het al hul aan­kon­di­gings in die sta­di­on ge­doen. Ek het aan­hou pro­beer om die af­rig­ter Gor­don I­gesund te oor­tuig om my in een van die wed­stry­de te laat speel, maar hy wou my nooit glo dat my reg­ter­voet reg­tig so goed was soos ek ge­sê het nie.

2. Ek is in Bel­fast in Noor­dIer­land ge­bo­re, maar het in Zim­bab­we groot­ge­word. Ek het na Suid-A­fri­ka ge­kom om my hon­neurs in En­gel­se li­te­ra­tuur aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad te vol­tooi.

3. El­ke jaar gaan ek S­kot­land toe om as gas­heer op te tree by die ga­la-aand­e­te by die Alf­red Dun­hill Links-toer­nooi. Die ga­laaand­e­te het al­tyd ’n in­druk­wek­ken­de lys su­per­ster­re op die gas­te­lys, soos Sa­mu­el L. Jack­son, Mi­cha­el Doug­las, Bill Mur­ray, Hugh Grant, Mi­cha­el Bal­lack, S­ha­ne War­ne en Mi­cha­el P­helps. Dit is ’n on­ge­loof­li­ke by­een­koms en ’n baie groot voor­reg om daar­van deel te kan wees.

4. Ek het as ’n kroeg­man, kel­ner en uit­smy­ter ge­werk ter­wyl ek op u­ni­ver­si­teit was. Ek was baie ma­er en glad nie vrees­lik sterk nie, so ek was nie ’n baie suk­ses­vol­le uit­smy­ter nie.

5. Ek het tyd deur­ge­bring by die Zim­bab­wie­se krie­ke­t­a­ka­de­mie waar die voor­ma­li­ge En­gel­se af­rig­ter An­dy Flo­wer ons af­ge­rig het. Ek wou al­tyd baie graag krie­ket vir Zim­bab­we speel, maar was nooit heel­te­mal goed ge­noeg nie. So nou kyk en praat ek maar oor sport vir ’n le­we.

Waar het die i­dee van The Dan Ni­choll Show van­daan ge­kom?

In 1995 het ek ’n jaar in Aus­tra­lië deur­ge­bring as ’n Ro­ta­ri­ër-uit­ruil­stu­dent en ek het ’n he­le paar pro­gram­me daar ge­sien waar sport as plat­form ge­bruik is vir ver­maak en leef­styl­te­le­vi­sie.

Dit het my laat dink. En in 2002 het ons die eer­ste proef­lo­pie ge­doen van wat 13 jaar la­ter The Dan Ni­choll Show ge­word het. Dit het dus ’n ruk­kie ge­duur voor­dat dit ein­de­lik op te­le­vi­sie uit­ge­saai is, maar dit was reg­tig die moei­te werd om te wag.

Wat is die vreemd­ste er­va­ring wat jy al in die a­tel­jee ge­had het?

S­haun Bart­lett, die voor­ma­li­ge Ba­fa­na-spe­ler, het ons die sto­rie ver­tel dat Ma­di­ba on­ge­nooid by sy troue op­ge­daag het.

En Da­vid Ki­buuka het ver­tel hy was die eer­ste swart hoof­seun van die Kru­gers­dorp High S­chool. Hy sien hom­self tot van- dag toe as die Ba­rack O­ba­ma van Kru­gers­dorp.

Ons het die I­dols- be­oor­de­laar U­na­thi M­sen­ga­na op die pro­gram ge­had en sy en die voor­ma­li­ge S­pring­bok S­chalk Bur­ger sr. het ’n du­et van “K­nocking on He­a­ven’s Door” saam­ge­sing. S­chalk sr. is am­per twee me­ter lank en weeg 160 kg.

Hy het ’n prag­ti­ge stem en speel baie goed ki­taar. Dit was ’n won­der­li­ke oom­blik op die pro­gram.

Die ko­me­di­ant Ja­son Go­li­ath het vir my en die voor­ma­li­ge krie­ket­spe­ler Pat Sy­m­cox ge­leer dans op kwai­to­mu­siek. Dit was ook nog­al ’n oom­blik.

Wat­ter rol speel sport in ons SuidA­fri­kaan­se ge­meen­skap?

Ons Suid-A­fri­ka­ners se ge­moe­de­re word dras­ties ge­lig en ge­demp ty­dens sport­by­een­koms­te, af­han­gen­de van hoe die sport­ster­re vaar. Sport is ’n groot deel van wie en wat ons is.

Ons kan maar net te­rug­dink aan die Wê­reld­be­ker­rug­by­toer­nooi van 1995 of die Wê­reld­be­kersok­ker­toer­nooi van 2010 om te sien hoe ons as lands­bur­gers kan saam­staan as een sterk en trot­se na­sie.

Ons het ho­pe uit­da­gings in ons land en sport kan baie van hier­die uit­da­gings aan­pak.

Wat is jou plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le guns­te­ling­span­ne?

Plaas­lik is ek ’n groot aan­han­ger van A­jax Kaap­stad. Ek on­der­steun die S­tor­mers op die rug­by­veld en in­ter­na­si­o­naal skree ek vir Man­ches­ter U­ni­ted.

Jou guns­te­lingoom­blik in die SuidA­fri­kaan­se sport­ge­skie­de­nis?

Daar is vrees­lik baie. Een daar­van was toe die gholf­spe­ler Lou­is Oost­hui­zen die Ope by St. Andrews ge­wen het en ook in 2007 toe die Bok­ke die Wê­reld­be­ker ge­wen het.

En na­tuur­lik was daar 2010 toe Ba­fa­na Ba­fa­na se S­hab­ba (Siphi­we Ts­ha­ba­la­la) ’n doel ge­skop het in Soccer Ci­ty. Ek was in tra­ne en het die vreem­de­ling langs my ge­druk.

Dan Ni­choll, aan­bie­der van The Dan Ni­choll Show, ’n ge­sels­pro­gram wat el­ke Woens­dag op Su­pers­port 1 uit­ge­saai word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.