Splin­ter­nu­we reeks The Ca­tch gaan jou vas­ge­na­el hou

Beeld - - Vrydag! - – Teré­sa Coet­zee Mireil­le E­nos speel die rol van A­li­ce Vaughn in die nu­we reeks

Dit ge­beur min dat ek bin­ne die eer­ste tien mi­nu­te van ’n nu­we te­le­vi­sie­reeks ver­slaaf is, maar ty­dens ’n spe­si­a­le voor­skou wat M-Net on­langs van die nu­we reeks The Ca­tch ge­hou het, het ek blits­vin­nig ge­smag na nóg.

The Ca­tch is die nu­we S­hon­da R­hi­mes-dra­ma­reeks (ook be­kend vir The Fixer, G­rey’s A­na­tomy en How to Get A­way with Mur­der) wat van 30 Mei af Maan­dae om 20:30 op DStv se ka­naal 101 uit­ge­saai word.

Gaan maak jou­self op die rus­bank tuis vir dié uur, jy sal nie spyt wees nie.

Mireil­le E­nos (van Wor­ld War Z en The Kil­ling) speel die rol van A­li­ce Vaughn, Los An­ge­les se top­pri­vaat­speur­der wat al­mal al­tyd een voor is.

Sy is beeld­skoon en b­ril­jant en roem haar­self daar­op dat nie­mand haar kan uit­oor­lê nie. Tot sy tot haar groot ont­nug­te­ring ag­ter­kom haar ver- loof­de van die af­ge­lo­pe jaar, ge­speel deur Pe­ter Krau­se ( Pa­rent­hood, Six Feet Un­der), was self ’n swen­de­laar. Tus­sen­deur word ky­kers be­derf deur die kleur­vol­le beel­de van blink sport­mo­tors, ont­wer­pers­uit­rus­tings van LA, al­les wat nuut en jonk en mo­dern is. Daar is min din­ge so ge­vaar­lik soos ’n ge­bro­ke vrou wat wraak wil neem, en A­li­ce gaan op ’n mis­sie om ge­reg­tig­heid te laat ge­skied . . . Moe­nie hier­die nu­we reeks mis­loop nie.

Fo­to: Craig S­jo­din, ABC

Ca­tch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.