Ti­ran van ’n baas bie­tjie oor­dre­we

Beeld - - Vrydag! - La­e­ti­tia Pop­le Met o.a. Me­lis­sa M­cCarthy, Kathy Ba­tes, K­ris­ten Bell en Pe­ter Din­kla­ge. 90 mi­nu­te. 13T.

Al­tyd té. Al be­gin als goed en gaaf en jy lag te lek­ker, be­reik die mees­te A­me­ri­kaan­se ko­me­dies ’n punt waar als net te aan­ge­dik raak. Daar­die punt waar hul­le net “speel vir ska­ters” en hul­le let­ter­lik el­ke oom­blik aan jou lag­spie­re rem. Dit is dan wan­neer jy op jou hor­lo­sie be­gin kyk.

So is dit dan ook met The Boss – dui­de­lik be­doel as ver­toon­ven­ster vir Me­lis­sa M­cCarthy ( B­ri­des­maids) se e­nor­me ko­mie­se ta­lent. Sy met die vuil­bek en die gom­las­tiek­lyf kán ’n ge­hoor mak­lik om haar pin­kie draai. Sy is een van die draai­boek­skry­wers en haar man, Ben Fal­co­ne, is die re­gis­seur.

Die fliek gaan oor ’n ti­ran van ’n baas – die sa­ke­vrou Mi­chel­le Dar­nell (M­cCarthy) wat haar a­lie sien na­dat sy aan bin­ne­han­del skul­dig be­vind is. Sy het op haar plet­ter­pad na bo nie juis vrien­de ge­maak of vol­gens die re­ëls ge­speel nie. Wan­neer sy dus tronk­straf op­ge­lê word, is selfs haar per­soon­li­ke as­sis­tent, die mak lam­me­tjie Clai­re (K­ris­ten Bell), dui­de­lik ver­lig om van haar ont­slae te wees.

Maar dan word Mi­chel­le vry­ge- laat. Sy is plat­sak en son­der heen­ko­me en so boe­lie sy haar­self weer in Clai­re se le­we in.

Sy pro­beer nie eens nie, maar is deur net haar­self te wees ’n baie sleg­te in­vloed op Clai­re se jong dog­ter. By dié se pad­vin­der­ver­ga­de­ring be­raam Mi­chel­le ’n slim sa­ke­plan met Clai­re se sjo­ko­la­de­koe­kies.

Hier­die to­ne­le is van die min werk­lik snaak­se oom­blik­ke. Kon­tras­teer M­cCarthy se vuil­bek en straat­wys­heid met die stroop­soet pad­vin­der­tjies se vroom mam­mas en dap­per­stap­per-lei­ers en jy kry die i­dee. Gou pluk die men­se me­kaar aan hul vleg­sels en po­nies rond.

Van hier het ons ook som­mer die op­bou na ’n ge­sins­fliek. Mi­chel­le vind in Clai­re en haar dog­ter die ge­bor­gen­heid van ’n ge­sin: Hier pink ’n mens ’n ou traan­tjie of wat, voor­dat die fliek ’n neus­duik na nê­rens maak.

The Boss word aan­be­veel as jy ’n reus­ag­ti­ge aan­han­ger van M­cCarthy is en b­lind is in jou toe­wy­ding. Sy speel ’n hi­per­bool van haar­self.

) M­cCarthy se we­der­helf, Fal­co­ne, is te sien as Mi­chel­le se pro­ku­reur. Hy kry vir sy moei­te ’n vol­spoed ten­nis­bal (ge­mik deur Mi­chel­le) op die keel. )

Me­lis­sa M­cCarthy is Mi­chel­le Dar­nell, ’n ge­ha­te sa­ke­vrou in die ko­me­die The Boss.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.