’n Lek­ker meng­sel van ak­sie, span­ning en ’n ge­kors­wel

Beeld - - Vrydag! - La­e­ti­tia Pop­le Met I­dris El­ba, Ri­chard Mad­den. Re­gie: Ja­mes Wat­kins. 90 mi­nu­te. 13TGN.

As daar ge­kies moet word tus­sen van­dag se vier uit­rei­kings vir ’n Vry­dag­aand-fliek, kies ek son­der twy­fel dié een. Dit bied ak­sie, span­ning, in­tri­ge en ’n lek­ker ge­kors­wel deu­ren­tyd tus­sen die twee hoof­ka­rak­ters. Die draai­boek is nie die vars­ste ooit nie – baie per­mu­ta­sies van die sto­rie be­staan reeds, maar plaas dit in die heer­sen­de tyd­gees in Eu­ro­pa, waar men­se nie ver­se­ker is van hul vei­lig­heid in o­pen­ba­re ruim­tes nie.

Mi­cha­el Ma­son (Ri­chard Mad­den van Ga­me of Thro­nes), ’n be­dre­we Pa­ry­se sak­ke­rol­ler, steel ’n sak waar­in ’n bom ver­steek is. Die bom gaan af, men­se sterf en hy moet vlug. Op sy spoor is die stroom­op A­me­ri­kaan­se a­gent Se­an B­ri­ar (I­dris El­ba van Long Walk to F­ree­dom- faam) wat die Pa­ry­se po­li­sie eint­lik by­staan met ’n an­der on­der­soek: Die stad word ge­teis­ter deur drei­ge­men­te, ter­reur en op­stan­de aan­ge­wak­ker deur vrees­aan­ja­en­de so­si­a­le­me­dia-bood­skap­pe.

Iemand wil in die mooie stad cha­os saai en dít knap voor die Fran­se se pronk­dag Bas­til­le­dag. Dit mag mos nie.

Die mi­nis­ter van in­tel­li­gen­sie ge­las ’n on­ge­naak­ba­re on­der­soek en trek só ’n streep in die sand. Daar word ge­meen B­ri­ar se “hard­han­di­ge” sin vir reg­ver­dig­heid kan (bin­ne per­ke) dalk net help.

Hier­die is Ja­mes Wat­kins se eer­ste ak­sie­prent en hy mag maar. Hy ver­staan van a­dre­na­lien, klou­stro­fo­bie, die wek en hou van span­ning. To­ne­le word so vin­nig ge­re­di­geer dat jy meer as een keer voel iemand het jou ’n win­tie ge­slaan.

Een van die eer­ste o­pe­nings­to­ne­le is ’n jaag­to­neel te voet oor die dak­ke van Pa­rys, jy hoor en sien dak­te­ëls klet­ter, sien pi­kan­te skoor­steen­tjies bib­ber, sien dui­we in grys swerms op­styg voor die twee mans gra­si­eus, son­der om hul en­kels te breek, deur ’n dak­luik spring en nog is dit het ein­de niet. Die ver­haal is ’n in­ge­wik­kel­de in­tri­ge wat boei. Mad­den en El­ba is ook per­fek­te pas­maats. )

Mi­cha­el (Ri­chard Mad­den) vlug vir die po­li­sie in Bas­til­le Day.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.