Pop, rock en klas­siek saam

Beeld - - Vrydag! -

Op 30 Ju­lie word die eer­ste Clas­si­cs is Groot-kon­sert by die NG kerk Mo­re­le­ta­park se ou­di­to­ri­um in P­re­to­ria ge­hou en die­self­de span wat ver­ant­woor­de­lik is vir die ge­wil­de A­fri­kaans is Groot-kon­ser­te, is ook hier be­trok­ke.

Vol­gens Bar­ry P­re­to­ri­us, die ver­vaar­di­ger en re­gis­seur van A­fri­kaans is Groot (AIG), gaan die Clas­si­cs is Groot-ver­to­ning heel­te­mal an­ders as AIG wees en daar word meer ge­fo­kus op im­mer­groen goue ou­es en lig­te klas­sie­ke mu­siek.

“Clas­si­cs is Groot is ’n ryk ver­men­ging van pop-, rock- en lig­te klas­sie­ke mu­siek,” sê P­re­to­ri­us.

On­der die plaas­li­ke be­ken­des wat gaan deel­neem, is Jan­nie Mool­man, Cor­lea Bo­tha, Ti­mothy Mo­loi, Lin­di­we Bon­ga­ni en Jo­seph Clark.

In­ter­na­si­o­na­le ster­re sluit die I­ta­li­aan­se troe­ba­doer Pa­tri­zio Bu­an­ne en die kin­der­ster A­mi­ra Wil­lig­ha­gen in. A­mi­ra het in 2013 die ta­lent­kom­pe­ti­sie Hol­land’s Got Ta­lent ge­wen.

Beeld is van­jaar die amp­te­li­ke me­di­a­borg van Clas­si­cs is Groot.

Kaar­tjies is be­skik­baar by Tic­ket­pro.

Pry­se wis­sel tus­sen R350 en R625.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.