Al­mal, met of son­der kin­ders, sal stuk ge­niet

Beeld - - Vrydag! - AJ Op­per­man is van Dins­dag tot 18 Ju­nie in die T­he­a­t­re on the S­qua­re in Sand­ton op die plan­ke. Kaar­tjies kos R150. Be­soek strict­ly­tic­kets.com of s­ka­kel 082 553 5903 om te be­spreek.

Die ko­me­di­ant Chris For­rest wou vir sy so­lo­stuk Who’s Your Dad­dy? juis ’n re­gis­seur hê wat nie kin­ders het nie.

“Ek wou se­ker wees dat men­se wat nie kin­ders het nie, ook die ver­to­ning sal ge­niet. Ek wil hê hul­le moet dit ook snaaks vind.”

Be­van Cul­li­nan is die re­gis­seur van Who’s Your Dad­dy? wat van­af Dins­dag 31 Mei in die T­he­a­t­re on the S­qua­re in Sand­ton op die plan­ke is.

“Dit is ’n te­a­tra­le so­lo­stuk met sterk ko­mie­se e­le­men­te. Dit be­weeg deur die he­le pro­ses van pa word. Dit is snaaks as jy nie ’n kind het nie, maar in­dien jy al die goed wat op die ver­hoog ge­noem word, sélf er­vaar het, sal jy be­slis iets hie­r­uit kry. Men­se ver­een­sel­wig hul­le met die on­der­vin­ding van va­der­skap. Ek voeg net ko­me­die by.”

Die stuk is ge­grond op wa­re sto­ries. Dit strek van die oom­blik toe For­rest en sy vrou uit­ge­vind het hul­le gaan ’n ba­ba hê tot waar sy al ses maan­de oud is. Hy gooi so ’n paar an­der sto­ries ook in, maar dit al­les spruit uit die waar­heid.

For­rest se dog­ter­tjie, Cai­leigh, is nou drie jaar oud.

“Men­se sal uit die stuk neem wat hul­le wil, maar as jy reg­tig kin­ders wíl hê, sal hier­die show jou nie af­skrik nie. Ons gi­ne­ko­loog was by een van die vo­ri­ge ver­to­nings en ek was met ons vol­gen­de af­spraak by haar eint­lik op my se­nu­wees, maar sy het ge­sê dit is so goed, want die waar­heid word baie dui­de­lik ge­skets.”

Vol­gens For­rest kyk ko­me­di­an­te na ’n uit­da­gen­de ge­ge­we en maak hul­le dit lig­ter.

“Kyk, ou­er­skap is mak­li­ker wan­neer jy er­ken dat dit moei­lik is. Dit is ’n won­der­li­ke ding en ons was bly om ou­ers te word, maar dit is ’n aan­pas­sing en dit is nié vir sis­sies nie. Die werk­lik­heid sak toe as jy be­sef jy is heel­te­mal ver­ant­woor­de­lik vir hier­die kind wat ge­bo­re is.”

For­rest het dik­wels sto­ries van hier­die nu­we on­der­vin­ding ver­tel en men­se het ge­ska­ter.

Hy het toe be­sluit om ’n pro­duk­sie te skep wat uit hier­die soort sto­ries be­staan.

“Vir die eer­ste jaar ná Cai­leigh se ge­boor­te het ek nie slaap in­ge­kry nie. Niks het toe ge­beur nie. En dan was daar Ce­le­bri­ty Mas­terC­hef (hy was die wen­ner). Ek het in­ge­skryf vir Gra­ham­stad (die na­si­o­na­le kuns­te­fees) en ek het ge­weet ek moet nou iets be­gin doen. Dit het my twee of drie maan­de ge­neem net om die he­le er­va­ring neer te skryf. Dit was baie te­ra­peu­ties. Die bes­te ko­me­die is in­te­res­sant voor­dat dit snaaks is.”

Hy en Cul­li­nan het saam daar­aan ge­werk vir so­wat ’n maand voor die eer­ste ver­to­ning plaas­ge­vind het.

)

Chris For­rest in Who’s Your Dad­dy?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.