‘Ver­sor­ger slaan en vloek ba­bas’

Ma in tra­ne toe sy sien hoe kind be­han­del is

Beeld - - Front Page - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Ver­sor­ger by ’n ba­ba­dag­s­org­sen­trum ver­skyn Maan­dag in ’n tug­ver­hoor na­dat ’n vi­deo aan die lig ge­kom het waar­in sy ’n hui­len­de ba­ba se wieg­stoel so hard skud dat sy kop op en af hop.

Die ver­sor­ger (23) het an­der ba­bas glo hard­han­dig han­teer, ge­slaan en ge­vloek.

Ma­ri­sa en Ma­ri­us van Rooy­en, ei­e­naars van Die Ba­ba By­e­korf-dag­s­org­sen­trum in Cen­tu­ri­on, het gis­ter ge­sê hul­le het dié wer­ker da­de­lik ge­skors na­dat die vi­deo on­der hul aan­dag ge­kom het.

’n Stu­dent (20) in vroeë kin­der­ont­wik­ke­ling wat op 9 Mei by die sen­trum be­gin werk het, het Woens­dag die sel­foon­vi­deo in die ge­heim ge­maak.

Die vi­deo het by Mi­chel­le Boot, ’n P­re­to­ri­a­se ad­vo­kaat, uit­ge­kom. Boot het die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling in ken­nis ge­stel.

Die stu­dent het eer­gis­ter uit haar pos in die sen­trum be­dank. Sy wil nie haar naam ge­noem hê nie. Sy meen dit sal haar loop­baan voor­uit­sig­te be­na­deel as sko­le haar as spi­oen be­skou.

Wer­ner (30) en Ta­ri­na Hu­man (28) van Cen­tu­ri­on, die ba­ba­seun se ou­ers, sê hul­le het in “ab­so­lu­te on­ge­loof” na die vi­deo ge­kyk na­dat dit on­der hul aan­dag ge­kom het. Hul seun (se­we maan­de) was die af­ge­lo­pe so­wat twee maan­de be­dags by die skool.

Die vi­deo wys die blon­de ver­sor­ger wieg met haar voet ’n so­ge­naam­de “Ba­by Boun­cer” op die vloer waar­in die ba­ba lê. Die stoel­tjie wieg só dat die kind skud.

Wer­ner sê dié ver­sor­ger het ge­reeld W­hat­sApp-bood­skap­pe en -fo­to’s aan hom en sy vrou ge­stuur om te wys die ba­ba is te­vre­de. “Toe ek die vi­deo sien, was ek woe­dend,” sê hy. Ta­ri­na het in tra­ne uit­ge­bars. ’n Me­die­se on­der­soek het ge­wys hul kind is on­ge­deerd. Hul­le het hom uit die skool ge­haal.

Ta­ri­na sê Ma­ri­sa het aan haar ge­sê sy is baie jam­mer oor die voor­val en sy ver­staan as sy haar seun weg­neem.

Die stu­dent het gis­ter be­weer sy het ver­skeie voor­val­le van hard­han­dig­heid teen­oor ba­bas ge­sien. Sy sê die Hu­mans se ba­ba het kort-kort op­ge­gooi na­dat hy Woens­dag ge­skud is.

Die stu­dent, wat saam met die be­trok­ke ver­sor­ger en nóg ’n wer­ker na die ba­bas om­ge­sien het, sê haar twee me­de­wer­kers se op­tre­de het haar sla­pe­lo­se nag­te ge­gee.

Sy be­weer ba­bas is op hul han­de ge­slaan “dat dit bloed­rooi was”, ’n ba­ba is met die oop hand op die mond ge­slaan, ’n bot­tel melk is “bor­re­lend warm” vir ’n ba­ba ge­gee, en ba­bas is in hul bed­jies op die bou­de ge­slaan en hard­han­dig op die sy ge­draai.

Sy be­weer die 23-ja­ri­ge ver­sor­ger het met haar mid­del­vin­ger teen ’n ba­ba se voor­kop “ge­skiet” en ge­sê: “Ek sal jou f****n iets aan­doen.”

“Sy het haar vuis teen ’n seun­tjie se voor­kop ge­hou en vir hom ge­sê: ‘Vir jou sal ek blik­sem’,” sê die stu­dent.

Die stu­dent sê sy het ver­le­de week be­sluit om te be­dank, maar wou be­wys­stuk­ke kry voor­dat sy gaan.

Sy het toe Woens­dag ver­skeie vi­deo’s in die sen­trum ge­maak.

Pe­tro Pie­naar, die Van Rooy­ens se pro­ku­reur, sê Ma­ri­sa was geen­sins van die voor­val­le be­wus nie. As dit on­der haar aan­dag ge­kom het, sou sy dit da­de­lik on­der­soek het.

Die skool­gaan nous y kring­te­le­vi­sie ma­te­ri­aal on­der­soek.

Pie­naar sê die skool is be­sig om by die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling te re­gis­treer.

Die ei­e­naars was ge­skok toe hul­le die vi­deo sien. “Dit is die eer­ste voor­val waar­van ons weet,” sê Ma­ri­sa.

Sy sê die ver­trek waar­in dit ge­beur het, se vei­lig­heid s ka­me­ra is ge­rig op die ba­ba­bed­jies. Die skud­voor­val was bui­te sig van dié ka­me­ra.

Sy sê dit is jam­mer dat al hul goeie werk hier­deur on­ge­daan ge­maak word.

’n Reeks skerm­gre­pe uit die stu­dent se ge­hei­me sel­foon­vi­deo wys hoe die 23­ja­ri­ge ver­sor­ger ’n ba­ba so erg in sy stoel­tjie wieg dat sy kop op en af hop.

Die Ba­ba By­e­korf­dag­s­org­sen­trum in Cen­tu­ri­on.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.