John S­mit uit as Haaie se baas; G­rif­fit­hs dalk op­vol­ger

G­rif­fit­hs dalk nu­we groot­baas

Beeld - - Front Page - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Met sy bas uit die warm­ste stoel by die Haaie sien John S­mit nou uit na meer tyd saam met sy jong ge­sin.

Die Haaie het gis­ter in ’n ver­kla­ring aan­ge­kon­dig dat S­mit aan die ein­de van die sei­soen sy hui­di­ge pos as uit­voe­ren­de hoof sal ver­laat.

Vol­gens dié ver­kla­ring is die oud-S­pring­bok-kap­tein se ge­sin die hoof­re­de vir dié be­sluit.

S­mit het drie kin­ders: Em­maJo­an (9), Ty­ron (7) en Tay­lor (3).

“Die be­sluit om te be­dank was nie ’n mak­li­ke een nie en is groot­liks daar­op ge­mik om meer tyd saam met my jong ge­sin deur te bring,” het hy ge­sê.

“Ek sien uit na die vol­gen­de uit­da­ging in my loop­baan en om steeds ’n ge­reel­de be­soe­ker by Kings­park te wees. Dié plek is my tuis­te van­dat ek 18 jaar oud was.”

Tal­le Haaie-on­der­steu­ners sal waar­skyn­lik ver­lig wees dat S­mit pad­gee.

Daar word al lank in die wan­del­gan­ge van dié u­nie ge­brom dat hy meer tyd aan fiets­ry be­stee as om die Haaie in die reg­te rig­ting te stuur.

Die drie jaar wat die voor­ma­li­ge Bok-kap­tein aan die hoof van die u­nie ge­staan het, was dik­wels on­stui­mig.

S­mit het kort ná sy aan­stel­ling van John Plum­tree as af­rig­ter ont­slae ge­raak en Ja­ke W­hi­te na Dur­ban ge­lok om die lei­sels oor te neem, maar W­hi­te se kon­trak is ná skaars ’n sei­soen be­ëin­dig.

Na­dat Gary Gold as af­rig­ter oor­ge­neem het, het S­mit ’n ope brief aan on­der­steu­ners ge­skryf om ver­sko­ning te vra vir sy span se swak ver­to­ning in die Su­per­reeks.

Die Cur­rie­be­ker-sei­soen was ook glad nie ’n ge­luk­ki­ge een vir die Haaie nie. Die span het vir die eer­ste keer in ’n de­ka­de nie die half­eind­stryd be­reik nie.

Die naam van Ed­ward G­rif­fit­hs, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) en die En­gel­se klub Sa­ra­cens, word ge­noem as S­mit se op­vol­ger.

Hy is die laas­te tyd ge­reeld aan S­mit se sy ge­sien.

Lui­dens die ver­kla­ring word daar reeds na ’n op­vol­ger vir S­mit ge­soek.

S­mit het ge­sê dit was ’n eer om die Haaie op die veld te ver­teen­woor­dig en ook vir hul­le van die veld af te werk.

“Ek het die laas­te drie jaar ge­niet en waar­deer die on­der­steu­ning van ons voor­sit­ter, S­te­phen Saad, die pre­si­dent, Gra­ham M­cKen­zie, Su­perS­port en die res van die raad.”

Ek het die laas­te drie jaar ge­niet — JOHN S­MIT

John S­mit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.