Pa­rys­saak: Drie jon­ges kry borg

Beeld - - Front Page - Su­san Cil­liers en A­let van der Walt

Pa­rys. – Die kos­huis­hoof­seun wat nou ook in ver­band met die Pa­rys-moor­de te­reg­staan, “sal nie ’n vlieg ska­de aan­doen nie”, het ’n fa­mi­lie­lid gis­ter bui­te die land­dros­hof hier ge­sê.

’n Jong mei­sie wat ook by die hof was om Cor Log­gen­berg (18) te on­der­steun, het Beeld se joer­na­lis met tra­ne in haar oë ge­vra of sy kin­ders of ’n broer het en hoe sy dan daar­oor sou be­rig.

’n Ou­er vrou het ge­sê: “As wit vrou be­hoort jy be­ter te weet van plaas­moor­de.”

Cor en sy mei­sie, Il­ne Prins­loo, was saam op die ter­rein van Pot­chef­stroom Gim­na­si­um toe hy Dins­dag ten aan­skoue van tal­le leer­lin­ge in heg­te­nis ge­neem is.

Cor se sus­ter, Ja­ret, het bui­te die hof ge­sê sy won­der wie doen so iets aan ’n kind by sy skool.

Cor se ma, Gus­ta, het ge­sê die skool­hoof het haar ge­bel om haar te ver­tel dat Cor op twee klag­te van moord in heg­te­nis ge­neem is.

“Die He­re se vler­ke is oor ons,” het Gus­ta ge­sê. Haar man, An­ton, is ook een van die be­skul­dig­des in die vi­gi­lan­te­moord­ver­hoor.

Cor, Mie­la Jan­sen van Vuur­en (22) en Loe­die van der West­hui­zen jr. (18) is gis­ter op borg­tog van R10 000 elk vry­ge­laat.

Die vier­de be­skul­dig­de wat van­dees­week in die saak in heg­te­nis ge­neem is, is min­der­ja­rig en in die sorg van sy ma vry­ge­laat.

Twee plaas­wer­kers, Sa­mu­el T­jixa en Si­mon Ju­be­ba, is op 6 Ja­nu­a­rie in die Wei­veld-ge­bied bui­te Pa­rys dood toe so­wat 40 boe­re ge­re­a­geer het op wat na be­we­ring ’n plaas­aan­val op Loe­die van der West­hui­zen sr. (73) was. Beeld het Woens­dag be­rig die be­weer­de plaas­aan­val wat land­wyd op­slae ge­maak het, het vol­gens ge­tui­es nooit ge­beur nie en dat Loe­die sr. hom­self be­seer het toe hy die twee wer­kers, wat ag­ter­stal­li­ge lo­ne wou hê, ver­jaag het.

’n Boer wat hom net as ’n fa­mi­lie­lid van die Van der West- hui­zens wou i­den­ti­fi­seer, het gis­ter ge­sê die nu­we be­we­rings is “twak”.

“Ek was net ná die ge­beu­re op die to­neel. ’n Mens kan jou­self nie so be­seer nie. Ons boe­re is bit­ter. Hoe­veel boe­re is nie al ver­moor ná die aan­val op 6 Ja­nu­a­rie hier nie?”

Mie­la is op 28 Ja­nu­a­rie deur die Val­ke on­der­vra oor die moor­de, maar van oor­tre­dings van die Vuur­wa­pen­wet aan­ge­kla. Hy het in ’n on­der­houd aan Rap­port ver­tel die Val­ke het hom met ver­krag­ting in die Zam­de­la-towns­hip se tronk ge­dreig.

Die fa­mi­lie­le­de en ge­lief­des van die be­skul­dig­des het aan Beeld ge­sê hul­le is gees­te­lik moeg en uit­ge­put. Die eer­ste mans is al op 7 Ja­nu­a­rie in heg­te­nis ge­neem.

Le­de van ANC woon die hof­ver­rig­tin­ge ge­reeld by en van die vroue is glo by vo­ri­ge hof­ver­sky­nings deur ANC-le­de ge­teis­ter met sek­sis­tie­se en ras­sis­tie­se op­mer­kings. Van die vroue het ge­sê hul­le be­plan om klag­te in te dien teen die ANC­le­de wat glo die le­we hel ge­maak het vir van die be­skul­dig­des se ge­sin­ne.

Log­gen­berg sr. (49), as­ook Boe­ta (46), M­ül­ler (19), Wi­an (20) en Wi­kus van der West­hui­zen (19), Fa­nie Oost­hui­zen (42) en kapt. Henk Prins­loo (46) ver­skyn van­dag saam met die vier nu­we be­skul­dig­des in die hof.

Fo­to: A­LET VAN DER WALT

Cor Log­gen­berg en sy skool­vrien­din, Il­ne Prins­loo, was ver­heug om weer her­e­nig te word. Cor is Dins­dag by sy skool in heg­te­nis ge­neem.

Loe­die van der West­hui­zen jr. (links) en Mie­la Jan­sen van Vuur­en gis­ter bui­te die Pa­rys­land­dros­hof waar hul­le op borg­tog vry­ge­laat is. Regs is Chris­ta van der West­hui­zen, Jan­sen van Vuur­en se ver­loof­de en klein­dog­ter van Loe­die van der West­hui­zen sr.

Mie­la Jan­sen van Vuur­en (links), Cor Log­gen­berg (mid­del) en Loe­die van der West­hui­zen jr. gis­ter in die land­dros­hof in Pa­rys. Fo­to’s: FELIX DLANGAMANDLA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.