Los Ky­r­gi­os by die huis, sê Aus­sie­swem­held

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Syd­ney. – Die O­lim­pie­se swem­held Kie­ren Perkins het sy stem ge­voeg by die­ge­ne wat meen ten­nis se stout­seun, Nick Ky­r­gi­os, moet nie in­ge­sluit word in Aus­tra­lië se span vir die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro nie.

“Nie met die soort ge­drag wat hy op die oom­blik o­pen­baar nie,” het Perkins ge­re­a­geer toe hy ge­vra is of sy land­ge­noot vir die S­pe­le in Au­gus­tus ge­kies moet word.

“Daar is meer as 300 at­le­te wat Rio toe gaan, en jy kan een­vou­dig nie be­kos­tig om een te hê wat die be­amp­tes se aan­dag kan af­lei ter­wyl hul­le baie goed het om na om te sien nie,” het Perkins ge­sê.

“Jy wil ook nie hê Ky­r­gi­os moet daar­mee weg­kom nie. Wat­ter bood­skap stuur dit uit na die an­der at­le­te?’’

Ky­r­gi­os het juis op die eer­ste dag van die Fran­se Ope­ten­nis­toer­nooi op ’n bal­jog­gie ge­gil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.