Sok­ker­men­se bring hul­de aan Ted Du­mitru

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Jo­han­nes­burg. – Die hul­de­bly­ke het Don­der­dag in­ge­stroom na­dat die voor­ma­li­ge Ba­fa­na Ba­fa­na­af­rig­ter Ted Du­mitru (76) oor­le­de is.

Du­mitru het in ’n in­ko­pie­sen­trum aan ’n hart­aan­val be­swyk.

Fi­ki­le M­ba­lu­la, die mi­nis­ter van sport, het na­mens die re­ge­ring hul­de ge­bring aan Du­mitru. Ver­skeie klubs, be­amp­tes, oud­spe­lers en on­der­steu­ners het ook hul stem­me laat hoor.

Du­mitru, wat Ba­fa­na in 2006 af­ge­ rig het toe hul­le het aan die A­fri­ka­ba­ker­toer­nooi deel­ge­neem het, het groot wel­slae by Kai­zer C­hiefs, Ma­me­lo­di Sun­do­wns en Or­lan­do Pi­ra­tes ge­had.

Hy het twee Pre­mier­liga­ti­tels as Ma­me­lo­di Sun­do­wns­af­rig­ter ge­wen, as­ook twee toe hy Kai­zer C­hiefs af­ge­rig het.

Hy sou gis­ter­mid­dag nog kon­gres­gan­gers by ’n af­rig­ting­se­mi­naar toe­ge­spreek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.