Ont­sla­pe Bi­an­chi se ge­sin wil F1­ba­se dag­vaar

Beeld - - Sport - Reu­ters

Lon­den. – Die ge­sin van die ont­sla­pe Fran­se For­mu­le Een­ren­ja­er Ju­les Bi­an­chi be­plan reg­stap­pe teen dié sport­soort se be­heer­lig­gaam, sy voor­ma­li­ge Ma­rus­sia­span en Ber­nie Eccles­to­ne se For­mu­le Een­groep.

“Ons soek ge­reg­tig­heid vir Ju­les se dood en wil vas­stel wat die waar­heid rond­om die be­slui­te ty­dens die Ja­pan­se Grand P­rix in 2014 was,” het sy pa, P­hi­lip­pe, in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Dié ver­kla­ring is deur S­tewarts Law uit­ge­reik.

“As ge­sin het ons baie vrae en is van me­ning dat Ju­les se on­ge­luk en dood ver­hoed kon ge­wees het as daar nie ver­skeie fou­te be­gaan is nie.”

Bi­an­chi (25) is op 17 Ju­lie 2015 in ’n hos­pi­taal in Ni­ce dood na­dat hy erns­ti­ge kop­be­se­rings op­ge­doen het toe hy in Ok­to­ber 2014 op die Su­zu­ka­baan teen ’n op­rui­mings­voer­tuig ge­bots het. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.