Mar­nitz slag­ge­reed vir Lof­tus

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Suid-A­fri­kaan­se rug­by se groot u­nies krap dalk nog kop oor die werk­li­ke waar­de wat hul­le uit die Pro­vin­si­a­le Reeks put, maar Mar­nitz Bos­hoff glim­lag breed.

Dié 26-ja­ri­ge los­ska­kel van die Leeus sal Sa­ter­dag op Lof­tus teen die Bul­le die eer­ste keer in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks uit­draf na­dat hy in die be­seer­de El­ton Jan­tjies se plek ge­kies is.

Maar moe­nie vir ’n oom­blik glo Bos­hoff is on­voor­be­reid nie.

“Op die ou end is ons toe nog­al dank­baar vir die Pro­vin­si­a­le Reeks,” het Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus-af­rig­ter, Don­der­dag ge­glim­lag.

“Mar­nitz was een van ons se­ni­or spe­lers wat wed­stryd­fiks kon bly. Die ge­hal­te van die me­de­din­ging in daar­die reeks is ver­ras­send hoog. Hy het ver­le­de week ver­al in die wed­stryd teen die Haaie se 15-tal uit­ge­blink. Ek sê voort­du­rend vir die spe­lers ek kan nie vir hul­le waar­bor­ge gee wan­neer hul­le speel­kans gaan kry nie. Hul­le moet heel­tyd ge­reed wees.”

In die voor­sei­soen is baie oor die me­de­din­ging om die Leeus se nr. 10-trui tus­sen Jan­tjies en Bos­hoff ge­praat, maar nou is dit geen ge­heim dat Bos­hoff eint­lik net speel weens sy span­maat se vin­ger­be­se­ring nie.

Ac­ker­mann het uit die staan­spoor ver­dui­de­lik hy glo nie Bos­hoff en Jan­tjies is die soort spe­lers wat daar­van hou om as plaasvervangers ge­bruik te word nie.

Met Jan­tjies wat sy kans ge­gryp het, moes Bos­hoff sy kans af­wag.

“Sy in­slui­ting sal se­ker ’n paar wenk­broue laat lig, ver­al om­dat dit ’n be­lang­ri­ke wed­stryd is, maar ons het vol­le ver­troue in Mar­nitz,” het Ac­ker­mann ge­sê.

“Ons ver­wag nie Mar­nitz moet met die­self­de to­wer­kuns as El­ton vo­ren­dag kom nie. Ons wil net hê hy moet sy eie stem­pel af­druk. Hy is ’n ge­we­se S­pring­bok wat die druk van eind­stry­de ken. Ons kon nie ’n be­ter spe­ler in­span om El­ton te ver­vang nie.”

Die Leeus sal ook nie hul slaan­krag op die aan­val in­boet met hom teen­woor­dig nie.

Bos­hoff was im­mers aan die spits van die Leeus se on­oor- won­ne veld­tog in ver­le­de jaar se Cur­rie­be­ker-veld­tog.

“Ek wil nie my los­ska­kels ver­ge­lyk nie. El­ton se ver­to­nings­lys is uit­ste­kend om­dat hy met self­ver­troue speel. As die­self­de met Mar­nitz ge­beur, sal sy ma­nier van speel ons ook baat. Al­bei se in­ge­steld­he­de pas by ons spel­pa­troon,” het Ac­ker­mann ge­sê.

Fo­to: CHRISTIAAN KOT­ZE

Mar­nitz Bos­hoff moet Sa­ter­dag op Lof­tus El­ton Jan­tjies se skoe­ne vol­staan, maar die Leeus is ge­rus daar­oor dank­sy die los­ska­kel se ho­pe speel­kans in die Pro­vin­si­a­le Reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.