Syl­ves­ter is by die huis

Maan­haar kry ho­pe­lik rus vir sy siel in Ad­do

Beeld - - Front Page - Ca­ra­Lee Dorf­ling

Ad­do. – Met stof­wol­ke en ’n sag­te brul­ge­luid het die be­faam­de leeu Syl­ves­ter gis­ter in sy nu­we tuis­te in die Ad­do-o­li­fant­park op­ge­spring en da­de­lik die naas­te grens­hei­ning be­storm.

Dit is ge­volg deur twee har­de brul­ge­lui­de en ’n bok­spring – so goed as wat die ver­do­wings­mid­del in sy bloed hom toe­ge­laat het.

Toe hy vir ’n t­wee­de keer op die 2 m hoë e­lek­trie­se hei­ning af­storm, het om­stan­ders op bak­kies gaan skuil, want skie­lik het die 9 000 V nie na ’n af­skrik­mid­del ge­lyk nie en is ge­vrees dat hy dalk oor die hei­ning sou spring.

En­ke­le mi­nu­te te­vo­re het Da­ve Zim­mer­man, San­par­ke­vee­arts, nog langs die sla­pen­de leeu ge­staan waar hy pas uit ’n krat af­ge­laai is.

“Dit is nou Syl­ves­ter, al­mal, in le­wen­de ly­we,” het Zim­mer­man ge­sê.

Die leeu­man­ne­tjie, wat twee keer uit die Ka­roo Na­si­o­na­le Park ont­snap het, is gis­ter­mid­dag van Beau­fort-Wes tot in Ad­do ge­bring waar hy nou in ’n kamp van 200 ha by Ku­zu­ko Lod­ge sal woon.

Die rit van meer as 400 km het so­wat ses uur ge­duur.

“Hy is deur po­li­sie­le­de en ver­keers­be­amp­tes van die WesKaap ver­ge­sel. Die men­se daar sê Syl­ves­ter is be­ken­der as pres. (Ja­cob) Zu­ma en S­te­ve Hof­meyr saam en ver­dien ’n BBP-af­skeid,” het Fay­roush Lu­dick, streek­woord­voer­der van San­par­ke, ge­skerts.

Syl­ves­ter is deel van San­par­ke se gro­ter roof­dier-pro­gram wat op goeie na­vor­sing ge­grond is, het An­ge­la Gay­lard, streek­e­ko­loog van San­par­ke, ge­sê.

“Leeus vorm so­si­a­le krin­ge met ’n do­mi­nan­te leeu­man­ne­tjie aan die spits.

“E­ni­ge leeu wat hom ta­kel of swak is, sal deur die do­mi­nan­te leeu ver­werp en aan­ge­val word.

“Ons ver­moed dit is waar­om Syl­ves­ter uit die Ka­roo­p­ark wou ont­snap, want hy het geen ko­a­li­sie ge­had wat hom teen die aan­slag van do­mi­nan­te leeus kon help nie.”

In die Ad­do-o­li­fant­park word Syl­ves­ter as die al­fa-leeu­man­ne­tjie vir twee leeu­wy­fies her­ves­tig.

La­ra en S­he­reen, die twee wy­fies, is ver­le­de jaar by Ku­zu­ko Lod­ge her­ves­tig na­dat hul­le teen al­le verwagtinge in as wel­pies in Ad­do oor­leef het toe hul ma, Gi­na, ver­moe­de­lik weens ’n slang­byt dood is.

Gis­ter het die twee wy­fies met ron­de pen­se lui­lek­ker on­der do­ring­bo­me ge­lê, on­ver­stoord deur die ge­woel om Syl­ves­ter se aan­koms.

“Ons het die twee leeu­wy­fies spe­si­aal aan die ver­ste punt met vlak­var­ke ge­voer so­dat hul­le ons nie pla wan­neer Syl­ves­ter af­ge­laai word nie,” het Cat­he- ri­ne de Lan­ge, as­sis­tent­be­stuur­der van Ku­zu­ko, ge­sê.

Sy sê so­dra Syl­ves­ter en die twee leeu­wy­fies deur die draad­hei­ning vir me­kaar o­gies maak, sal hy saam met hul­le in die 200 ha-kamp vry­ge­laat word.

Vir Zim­mer­man is Syl­ves­ter se nu­we tuis­te die be­gin van ’n ge­luk­ki­ge ein­de. “Dit het net meer as ’n mil­joen rand ge­kos om Syl­ves­ter twee keer te­rug te kry en van­dag tot hier te bring.

“Boe­ke kan oor hom ge­skryf word. Maar ek glo hy sal geen re­de hê om nou te wil ont­snap nie, ver­al nie met die twee da­mes wat vir hom wag nie.”

Vol­gens De Lan­ge het die twee leeu­wy­fies al die veld­wag­ters ver­baas en tog gis­ter­aand ’n draai by Syl­ves­ter se hok ge­maak. “Nie­mand het ge­dink daar­die twee wy­fies sal so vin­nig on­der­soek by Syl­ves­ter gaan in­stel nie. Dit is ’n goeie te­ken,” het sy ge­sê.

In­tus­sen hoop John A­den­dorff, be­wa­rings­hoof van die Ad­do-o­li­fant­park, om bin­ne­kort nog ’n leeu­man­ne­tjie in die bo­ma by Ku­zu­ko vry te laat om Syl­ves­ter ge­sel­skap te hou.

“Daar is ’n jong leeu­man­ne­tjie in die Ad­do-hoof­kamp wat deur an­der do­mi­nan­te leeus ge­boe­lie word. Die i­dee is om die leeu saam met Syl­ves­ter in ’n kamp te sit so­dat hul­le saam ’n nu­we ko­a­li­sie kan vorm.”

Dit sou gis­ter ge­beur het, maar vol­gens A­den­dorff suk­kel hul­le om die leeu in die hoof­kamp op te spoor. Hy het die pu­bliek ge­vra om op die uit­kyk te wees vir die leeu­man­ne­tjie en in­lig­ting aan die park­be­stuur deur te gee.

Syl­ves­ter is be­ken­der as pres. Zu­ma en S­te­ve Hof­meyr saam en ver­dien ’n BBPaf­skeid.

Fo­to: WER­NER HILLS

Syl­ves­ter die rond­lo­per­leeu pas na­dat hy gis­ter wak­ker ge­word het in sy nu­we tuis­te by die Ka­zu­ko Lod­ge in die Ad­do­o­li­fant­park bui­te Port E­li­za­beth.

Fot­to’’s:: WER­NER HIILLS

Bi­in­ne ’’ n mi­i­nuutt na­datt di­ie tteen­ver­r­do­wi­ings­mi­id­dell ttoe­ge­di­ien iis,, hett Syl­l­ves­t­terr di­ie l­leeu iin sy nu­we kamp iin di­ie Ad­do­­ol­li­if­fantt­parrk bui­it­te Porrtt El­li­i­za­betth rrond­ge­har­rd­l­loop datt di­ie st­toff so st­taan..

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.