Wat die SAUK se oog nie (wil) sien nie . . .

Beeld - - Nuus - Lie­zel de Lan­ge @lie­zel­de­lan­ge lie­zel.de­lan­ge@24.com De Lan­ge is nuus­re­dak­teur van Net­werk24.

Hlau­di Mot­soe­neng, die SAUK se om­stre­de be­dryfs­hoof, het die staat­skaping van die o­pen­ba­re uit­saai­er na ’n nu­we laag­te­punt ge­voer.

Sy aan­kon­di­ging dat die SAUK nie meer beeld­ma­te­ri­aal van ge­weld­da­di­ge be­to­gings sal uit­saai nie, is net nóg ’n ma­nier om die waar­heid te pro­beer ver­doe­sel. ’n Plan om ons leef­wê­reld roos­kleu­ri­ger uit te beeld as wat dit is.

Dit sluit aan by Mot­soe­neng se vroe­ë­re treur­ma­re dat die me­dia te ne­ga­tief is en dat 70% van nuus­dek­king po­si­tief (of soos ons dit in joer­na­lis­tie­ke krin­ge noem: son­skyn­joer­na­lis­tiek) moet wees.

Sy jong­ste plan her­in­ner ook aan sy vroe­ë­re uit­la­tings teen­oor Wal­di­mar Pel­ser op kykNET se pro­gram In­sig dat die me­dia min­der oor mis­daad moet be­rig.

Vol­gens Mot­soe­neng spoor sul­ke be­rig­te jong men­se aan om mis­daad te pleeg. “Die rol van die me­dia is om men­se se hou­dings te be­ïn­vloed, jonk en oud.”

Ons lands­bur­gers wat ge­buk gaan on­der swak diens­le­we­ring, werk­loos­heid, mis­daad en ve­le an­der uit­da­gings se ge­moedstoe- stand word nie deur die me­dia be­paal nie. In­teen­deel, be­rig­ge­wing daar­oor wys men­se juis dat hul­le nie al­leen in hul daag­lik­se stryd is nie.

Dit is die me­dia se plig om die waar­heid bloot te lê en die re­ge­ring tot ver­ant­woor­ding te help dwing.

Max du P­reez het Mot­soe­neng se jong­ste plan as die ma­ni­pu­la­sie van nuus be­skryf – soos in a­part­heid, toe daar by­kans geen nuus uit die towns­hips was nie.

Mot­soe­neng het gis­ter in ra­di­o­pro­gram­me pro­beer om sy ab­sur­de be­sluit te ver­dui­de­lik.

“Joer­na­lis­te hits ge­weld aan. Wan­neer ons ka­me­ra­span by ’n be­to­ging op­daag, be­gin die be­to­gers klip­pe gooi en ge­boue aan die brand steek,” het hy ge­sê.

“Ons kan nie men­se aan­hits om din­ge te doen soos om s­ko­le af te brand nie.”

Die erg­ste on­lang­se voor­beeld van o­pen­ba­re ge­weld waar staats­in­stel­lings ge­tei­ken is, was in Vu­wa­ni in Lim­po­po. Al­te­sa­me 28 s­ko­le is in die mid­der­nag­te­li­ke ure af­ge­brand – son­der ’n joer­na­lis of ’n ka­me­ra in sig.

Vroe­ër van­dees­week, toe ge­weld­da­di­ge be­to­gings in Ham­mans­kraal uit­ge­breek het, is ver­slag­ge­wers en fo­to­gra­we ge­dreig om nié e­ni­ge beel­de die wê­reld in te stuur nie. In Vu­wa­ni en Ham­mans­kraal het die ver­nie­ti­ging ge­beur, on­ge­ag die me­dia se teen­woor­dig­heid.

Kom ons wees nou maar eer­lik en noem die on­dier op sy naam: sen­suur. Mot­soe­neng se plan is net nóg ’n po­ging om die wa­re, na­re toe­drag van sa­ke weg te steek – om ons lam­len­di­ge re­ge­ring be­ter te laat lyk.

Wat die SAUK-oog nie sien nie, maak die re­ge­ring se hart nie seer nie. As joer­na­lis en nuus­be­stuur­der sien ek uit na die dag dat 70% van ons be­rig­te goeie nuus is, maar dit mag nie kuns­ma­tig wees nie.

)

Mot­soe­neng se jong­ste plan is net nóg ’n po­ging om die wa­re, na­re toe­drag van sa­ke te wil weg­steek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.