SA paar­tjie raak ver­loof by kon­sert van A­de­le

Beeld - - Nuus - Ro­man­tha Bo­tha

Hy het ge­weet hy moet iets dras­ties doen voor­dat A­de­le haar laas­te lied­jie sing. Toe gryp hy sy le­wens­maat, druk deur die ge­hoor en vra op die ver­hoog om sy hand.

Ross Le­vin (40) het sy le­wens­maat van vier jaar, Ni­cho­las Mar­ko­vitz (34), Woens­dag­aand om sy hand ge­vra ty­dens die B­rit­se san­ger A­de­le se kon­sert in Bar­ce­lo­na, S­pan­je.

Dit was nie mak­lik nie, het hy gis­ter uit Bar­ce­lo­na ver­tel.

“Ek het maan­de met die i­dee ge­wor­stel en het pro­beer om die or­ga­ni­seer­ders van die kon­sert te kon­tak, maar het geen te­rug­voe­ring ge­kry nie.

“Toe dit nie uit­werk nie, het ek ’n e-pos­a­dres van A­de­le se be­stuur­der se pa in die han­de ge­kry en ge­hoop dat hy die bood­skap sal oor­dra. Ek het ook die as­sis­tent van die B­rit­se san­ger C­heryl Co­le ge­vra om A­de­le se as­sis­tent te kon­tak en ’n goeie woord­jie vir ons te doen.

“Haar be­stuur­der se pa het my wen­ke ge­gee oor wat ek moet doen om te ver­se­ker dat sy my in die ge­hoor sal raak­sien. Ons het ’n plak­kaat ge­maak met die woor­de ‘We’ve co­me all the way from South A­fri­ca, Ross and Nick’ daar­op ge­skryf.”

Toe mag Le­vin nie die plak­kaat by die kon­sert­saal in­neem nie en moes hy vin­nig ’n an­der plan be­dink.

“Ek het Ni­cho­las se hand ge­gryp en tot voor die ver­hoog ge­loop. Ek het in tra­ne uit­ge­bars en A­de­le het dit ge­sien . . . toe roep sy my die ver­hoog op.

“Die ge­voel om voor dui­sen­de men­se my lief­de aan hom te ver­klaar, ter­wyl A­de­le haar lied­jie ‘Ma­ke You Feel My Lo­ve’ sing, was on­be­skryf­lik.

“Ni­cho­las het ’n won­der­li­ke per­soon­lik­heid en ek wou aan hom en die wê­reld wys hoe erns­tig ek oor hom is.”

Le­vin sê toe hy ses jaar ge­le­de “uit die kas ge­klim het”, sou hy nooit kon dink dat hy voor dui­sen­de men­se sy lief­de vir Nick sal ver­klaar nie.

Die Kaap­stad­se paar­tjie het Woens­dag­aand ’n sel­f­ie saam met die B­rit­se san­ge­res A­de­le ge­neem na­dat Ross Le­vin (mid­del) Ni­cho­las Mar­ko­vitz by ’n kon­sert van haar ge­vra het om met hom te trou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.