Ma sterf toe man en wer­ker skiet

Beeld - - Nuus - An­le­rie de Wet

’n 40-ja­ri­ge ma van Northwold, Jo­han­nes­burg, is Don­der­dag­mid­dag dood­ge­skiet toe haar man en ’n dag­loon­wer­ker in ’n s­kiet­ge­veg be­trok­ke ge­raak het.

Lou­isa Lub­be (40) se man, Die­ter (39), het ’n dag­loon­wer­ker op ’n straat­hoek op­ge­laai om vir die dag in sy tuin te werk.

Kapt. T­se­ki­so Mofo­keng, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, het be­ves­tig die voor­val het net ná 15:00 plaas­ge­vind.

’n S­kiet­ge­veg het tus­sen Die­ter en die dag­loon­wer­ker ont­staan.

Lou­isa het uit die huis uit ge­loop om te sien wat aan­gaan toe ’n skoot haar in die kop tref.

“Ons dink nie dit was lank voor­dat sy dood is nie,” sê Lou­isa se broer, Gert Ser­fon­tein van Jo­han­nes­burg.

Die dag­loon­wer­ker is in die bo­lyf ge­skiet en is la­ter in die hos­pi­taal dood.

Ser­fon­tein sê Die­ter is in die skou­er ge­skiet en word nog in die Ne­t­ca­re O­li­ve­da­le­kli­niek be­han­del.

“Dit lyk as­of die koe­ël reg­deur sy skou­er is. Ons dink hy sal la­ter van­dag (Vry­dag) ont­slaan word.”

Ser­fon­tein sê hy ver­staan nie hoe­kom sy sus­ter en swa­er, wat al­bei in die in­lig­tings­teg­no­lo­gie­be­dryf werk, Don­der­dag by die huis was nie, want hul­le werk ge­woon­lik tot laat­mid­dag van hul kan­to­re af.

Gus­tav (16) en S­te­fan (14), Die­ter se seuns uit ’n vo­ri­ge hu­we­lik, en die twee­ja­ri­ge Lu­an, sy en Lou­isa se seun­tjie, was by die s­kool.

“Dit is moei­lik. Die seuns is baie hart­seer. K­lein Lu­an ver­staan nog nie heel­te­mal wat ge­beur het nie,” sê Ser­fon­tein.

Dr. Jor­rie Jor­daan, hoof van die Ho­ër­skool Lin­den, waar S­te­fan in gr. 8 is, het die ge­meen­skap gis­ter in ’n ver­kla­ring aan­ge­moe­dig om die ge­sin in hier­die trau­ma­tie­se tyd te on­der­steun.

“Ons is diep ge­raak deur die tra­gie­se ge­beu­re en hou Die­ter, S­te­fan, Gus­tav, Lu­an, die res van die fa­mi­lie en vrien­de in ons ge­dag­tes en ge­be­de,” sê Jor­daan.

Mofo­keng sê die oor­saak van en mo­tief vir die voor­val word nog on­der­soek. Hy sê die Ho­ney­dew-po­li­sie­kan­toor on­der­soek ’n saak van moord.

Die­ter en Lou­isa Lub­be.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.