Ek hoop net die po­li­sie kan die ver­dag­tes gou in heg­te­nis neem voor­dat daar nog ’n voor­val is.

Beeld - - Nuus -

vonds ge­maak. Ke­vin is blyk­baar ver­skeie ke­re met ’n stomp voor­werp ge­slaan.

Ke­zia, wat se­we maan­de swan­ger is, is in die hos­pi­taal om te ver­hoed dat sy weens die trau­ma te vroeg kraam.

“Hul­le het die dok­ter Don­der­dag­mid­dag gaan be­soek en uit­ge­vind hul­le gaan ’n seun­tjie hê.

“Hul­le sou die klein­tjie se naam vol­gen­de week op die ba­ba­tee­par­ty be­kend maak,” sê Ju­a­net­te, Ke­vin se ma.

Vol­gens haar was haar seun ’n ge­luk­ki­ge en lief­de­vol­le man.

Hy en Ke­zia het Maan­dag hul eer­ste hu­we­liks­her­den­king ge­vier en het twee we­ke ge­le­de in ’n nu­we huis in­ge­trek.

“Hy was in die fleur van sy le­we. Hy sou op 11 Ju­nie 30 ge­word het.”

Ju­a­net­te sê Ke­vin was die o.14B-rug­by­span se af­rig­ter by die Ho­ër­skool Mo­nu­ment.

Sy sê die span seuns en sy put­boel, Seun, was sy trots.

“My troe­tel­naam vir Ke­vin was Seun. Toe hy sy ge­lief­de hond­jie ook Seun noem, het ek baie spe­si­aal ge­voel. Ons het ’n baie goeie ver­hou­ding ge­had,” sê Ju­a­net­te.

Jon­ker sê die po­li­sie se fo­ren­sie­se on­der­soek­span sal die ver­band tus­sen die twee moor­de bin­ne­kort kan be­ves­tig.

S­cho­field se fa­mi­lie het hom op 10 Mei as ver­mis aan­ge­meld.

Die po­li­sie het sy lyk la­ter daar­die aand in die ba­ga­sie­bak van sy mo­tor ge­vind.

Hy was met plas­tiek toe­ge­draai en het ’n kop­wond ge­had.

“Ek hoop net die po­li­sie kan die ver­dag­tes gou in heg­te­nis neem voor­dat daar nog ’n voor­val is,” sê Jon­ker.

Mi­chel­le (24), Ke­vin se sus­ter, kan sy dood nie aan­vaar nie.

“Sy sê heel­tyd vir my hy is nie dood nie en sal bin­ne­kort by die huis op­daag en saam met ons kof­fie drink,” sê Ju­a­net­te.

Ke­vin het Maan­dag met sy hu­we­liks­her­den­king in sy laas­te in­skry­wing op Fa­ce­book ge­skryf: “Aan my vrou, Ke­zia Mc Al­pi­ne, dan­kie vir die bes­te jaar van my le­we. Woor­de kan nie be­skryf hoe lief ek jou het en waar­deer nie.

“Ge­luk­ki­ge hu­we­liks­her­den­king, my lief, en ek kan nie wag vir die vol­gen­de jaar om te kom nie!”

Die ver­moor­de Ke­vin Mc Al­pi­ne se laas­te Fa­ce­book­in­skry­wing Maan­dag­og­gend waar­in hy sy vrou, Ke­zia, vir haar lief­de op hul eer­ste hu­we­liks­her­den­king be­dank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.