En­kel­dood­sko­te vir al­bei

Beeld - - Nuus - Re­tha Fou­rie

Die twee re­nos­ter­koeie wat Don­der­dag­nag in die Riet­vlei-na­tuur­re­ser­vaat by P­re­to­ria vir hul ho­rings dood­ge­maak is, is waar­skyn­lik deur “pro­fes­si­o­ne­le” stro­pers ge­skiet.

Aan­vank­lik is ver­moed hul­le is met ver­do­wings­py­le ge­skiet en is toe aan hul won­de dood waar hul ho­ring­stom­pies ver­wy­der is. ’n Na­de­re on­der­soek het eg­ter ge­toon elk­een is met een skoot neer­ge­vel, het be­amp­tes van die re­ser­vaat gis­ter ge­sê.

Groot­koei, wat drag­tig was, is reg voor in die kop ge­skiet.

Haar on­ge­bo­re klein­tjie is ook ge­tref en dood.

Ki­lo is ag­ter die blad ge­skiet. Sy het ná die skoot ’n paar treë weg­ge­hard­loop voor­dat sy in haar spo­re in­me­kaar­ge­sak het.

Wer­kers van die re­ser­vaat het gis­ter­og­gend op die twee re­nos­ters af­ge­kom, ’n ent­jie van die Jak­kals­gat-grond­paad­jie in die suid­wes­te­li­ke deel van die re­ser­vaat.

Een van die wer­kers was la­ter die dag steeds baie ont­steld oor hul gru­sa­me vonds en het ge­sê die aan­val­lers het die koeie “le­lik seer­ge­maak”.

Tal­le po­li­sie­le­de, on­der wie fo­ren­sie­se des­kun­di­ges en le­de van die hon­de-een­heid, het gis­ter na lei­dra­de ge­soek.

’n Po­li­sie­he­li­kop­ter is ook ge­bruik. Die re­ser­vaat is vir be­soe­kers ge­sluit tot­dat die on­der­soek af­ge­han­del is.

Pel­ham Jo­nes, voor­sit­ter van die pri­va­te re­nos­ter­ei­e­naars­ver­e­ni­ging (PROA) en kenner op die ge­bied van vei­lig­heid vir re- nos­ters, het ge­sê van wat hy tot dus­ver ge­hoor het “wil dit voor­kom of die Riet­vlei-re­ser­vaat se vei­lig­heid nie op peil was nie en dat ie­mand ant­woor­de daar­oor sal moet gee”.

Wat vol­gens hom eg­ter be­lang­ri­ker is, is om te be­paal hoe die oor­bly­wen­de re­nos­ters se vei­lig­heid op­ge­skerp kan word.

Die oor­bly­wen­de re­nos­ters sal nou ont­ho­ring word.

Die Tshwa­ne-me­tro, on­der wie se be­stuur die Riet­vlei-re­ser­vaat val, het ge­sê hy is baie hart­seer oor die voor­val.

B­les­sing Ma­na­le, me­tro­woord­voer­der, het ge­sê dit sal die me­tro nie van sy be­wa­rings­po­gings laat af­skrik nie.

“On­danks die on­ge­luk­ki­ge voor­val her­haal ons dat ons nie sal op­gee met die stryd teen re­nos­ter­stro­ping, maar ons krag­te sal in­gooi ag­ter el­ke po­ging om dit te be­kamp.”

Vol­gens Ma­na­le het die voor­val die me­tro se be­wa­rings­po­gings ’n ge­voe­li­ge slag toe­ge­dien in die lig van ’n toe­ne­men­de aan­slag op re­nos­ters in be­waar­de ge­bie­de in Tshwa­ne.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Po­li­sie­le­de en an­der amp­te­na­re gis­ter by die kar­kas­se van een van die twee re­nos­ters wat in die Riet­vlei­na­tuur­re­ser­vaat in P­re­to­ria deur stro­pers dood­ge­maak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.