Koop van on­nie­pos­te: ‘Al­mal sal ge­straf word’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Kaap­stad. – Op­tre­de kom teen al­le on­der­wy­sers, amp­te­na­re en le­de van skool­be­heer­lig­ga­me wat be­trek word deur die “kon­tant-vir-werk-ver­slag”, on­ge­ag aan wat­ter vak­bond hul­le be­hoort.

Só het Mat­han­zi­ma M­we­li, di­rek­teur-ge­ne­raal van ba­sie­se on­der­wys, gis­ter aan le­de van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ba­sie­se on­der­wys ge­sê ná vrae oor die ver­slag wat ver­le­de week deur An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, uit­ge­reik is.

Mots­hek­ga het ’n mi­nis­te­ri­ë­le taak­span aan­ge­stel na aan­lei­ding van be­we­rings dat le­de van die Suid-A­fri­kaan­se De­mo­kra­tie­se On­der­wy­sers­u­nie (Sa­dou) pos­te teen be­ta­ling aan an­der Sa­dou-le­de aan­ge­bied het.

Van die 81 sa­ke wat on­der­soek is, het die taak­span 38 ge­val­le van moont­li­ke kor­rup­sie ge­ï­den­ti­fi­seer.

M­we­li sê daar sal teen al­le amp­te­na­re op­ge­tree word waar moont­li­ke kor­rup­sie gei­den­ti­fi­seer is.

“Die de­par­te­ment stel nie be­lang in aan wat­ter vak­bond die amp­te­na­re be­hoort nie. Ons stel be­lang om dit wat ver­keerd is in die stel­sel reg te stel.”

Die de­par­te­ment het ook voor­ge­stel dat on­der­wys­wet­ge­wing her­sien word.

Een van die wy­si­gings wat die de­par­te­ment voor­ge­stel het, is dat e­ni­ge aan­stel­ling, be­vor­de­ring of oor­pla­sing van on­der­wy­sers die ver­ant­woor­de­lik­heid van pro­vin­si­a­le on­der­wys­hoof­de moet wees.

Hul aan­vank­li­ke fo­kus moet op be­vor­de­rings­pos­te van pos­vlak 2 tot pos­vlak 4 wees.

Die mi­nis­ter moet ook die reg hê om met re­gu­la­sies vo­ren­dag te kom om die ma­nier voor te skryf waar­op dié en an­der in­diens­ne­mings­prak­ty­ke in die al­ge­meen uit­ge­voer moet word. Dit mag die sa­me­stel­ling van on­der­houd­spa­ne­le in­sluit.

Mat­han­zi­ma M­we­li

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.