Mi­nis­ter bly in duur ho­tel en dit kos jou R4 000 per dag

Beeld - - Nuus - A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Suid-A­fri­ka­ners wat nog vir die ANC stem, kan net so­wel hul kre­diet­kaart se PIN aan die par­ty gee.

So het Co­pe gis­ter uit­ge­vaar teen die ANC-re­ge­ring, wat na be­rig word se­dert Ja­nu­a­rie so­wat ’n half­mil­joen rand be­stee het aan luuk­se ho­tel­ver­blyf vir Des van Rooy­en.

Van Rooy­en, wat in De­sem­ber kort­ston­dig mi­nis­ter van fi­nan­sies was en nou mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke is, en sy ge­sin woon in ’n luuk­se ho­tel in P­re­to­ria.

Dit kos be­las­ting­be­ta­lers so­wat R4 000 per dag, het Mail & Gu­ar­di­an gis­ter be­rig.

Hy gaan daar tuis om­dat die de­par­te­ment van o­pen­ba­re wer­ke met op­gra­de­rings­werk aan sy mi­nis­te­ri­ë­le wo­ning be­sig is.

Die de­par­te­ment van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke het al­le na­vrae na die de­par­te­ment van o­pen­ba­re wer­ke ver­wys.

Den­nis Bloem, Co­pe-woord­voer­der, sê in ’n ver­kla­ring: “Die lek­ker luuk­se le­we op be­las­ting­be­ta­lers se kos­te is die piek van die ANC-pi­ra­mi­de.

“Ons is in die moei­lik­heid weens ver­mor­sing en span­da­bel­heid deur die re­ge­ren­de par­ty.

“Maar ons kan da­rem dank­baar wees vir ge­rin­ge se­ë­nin­ge, want met Van Rooy­en as mi­nis­ter van fi­nan­sies sou die rand

Die luuk­se ho­tel in P­re­to­ria waar Des van Rooy­en en sy ge­sin se­dert Ja­nu­a­rie woon. Die op­gra­de­ring van sy mi­nis­te­ri­ë­le wo­ning is nog aan die gang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.