Mo­tors van Zu­ma se vroue be­kyk

Beeld - - Nuus - A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Die be­leids­voor­de­le wat be­tref voer­tuie vir die pre­si­dent se vroue gaan her­sien word.

Dié aan­kon­di­ging van die pre­si­den­sie gis­ter kom dae na­dat ’n her­rie los­ge­bars het oor die by­kans R9 mil­joen wat die af­ge­lo­pe vyf jaar aan die luuk­se mo­tors van pres. Ja­cob Zu­ma se vroue be­stee is.

Vol­gens die DA kon dié geld 38 stu­den­te se stu­die vir drie jaar be­taal het.

Lui­dens ’n ver­kla­ring van die pre­si­den­sie sal daar met die po­li­sie in ge­sprek ge­tree word oor hoe om die be­leids­voor­de­le in die lig van die jong­ste her­rie te “har­mo­ni­seer”. Daar is uit die po­li­sie se be­gro­ting vir die voer­tuie be­taal.

“Die ge­sprek­ke sal ge­voer word in oor­een­stem­ming met die voort­ge­set­te her­sie­ning van be­leids­voor­de­le in die re­ge­ring ge­ge­we die ny­pen­de e­ko­no­mie­se kli­maat en bin­ne die kos­te­be­spa­rings­maat­re­ëls wat pres. Zu­ma en die mi­nis­ter van fi­nan­sies aan­ge­kon­dig het.”

Lui­dens die ver­kla­ring sal ver­voer­voor­de­le van eg­ge­no­te van die­nen­de pre­si­den­te, as­ook voor­ma­li­ge pre­si­den­te en ad­junk­pre­si­den­te, on­der meer on­der die loep kom.

“Die pre­si­den­sie is ook be­sig om die vei­lig­heids­voor­de­le van pre­si­den­te en ad­junk­pre­si­den­te te her­sien na aan­lei­ding van die o­pen­ba­re be­sker­mer se ver­slag en die on­lang­se uit­spraak in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof daar­oor.”

Na­thi Nhle­ko, mi­nis­ter van po­li­sie, het in ant­woord op ’n par­le­men­tê­re vraag van­dees­week ge­sê R8,6 mil­joen is die af­ge­lo­pe vyf jaar uit die po­li­sie se be­gro­ting aan luuk­se mo­tors soos Ran­ge Ro­vers, Land Ro­ver Dis­co­ve­ries en Au­di Q7’s vir Zu­ma se vroue be­stee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.