Gay­soen in ad­ver­ten­sie: klag­tes ver­werp

Beeld - - Nuus - Ro­zan­ne Els

Die Gesags­lig­gaam vir Re­kla­me­stan­daar­de (GRS) het klag­tes ver­werp oor ’n ad­ver­ten­sie waar­in twee mans me­kaar pas­sie­vol soen.

Die ad­ver­ten­sie is vir die WeT­heBra­ve-veld­tog, wat ge­mik is op die be­wus­ma­king van on­der meer sek­su­e­le ge­sond­heid by mans wat seks met an­der mans het.

La­ter word ’n kon­doom uit­ge­haal.

Die ad­ver­ten­sie se slag­spreuk is: “We’re #Bra­veE­nough to co­me out. So we’re de­fi­ni­te­ly #Bra­veE­nough to co­ver up!”

Hoe­wel meer klag­tes in­ge­dien is, is net vyf amp­te­lik on­der­soek.

Die vyf het ver­band ge­hou met twee klou­su­les in die ko­de vir ad- ver­ten­sie­prak­ty­ke – een oor ad­ver­ten­sies wat kan aan­stoot gee en ’n an­der oor ad­ver­ten­sies wat kin- ders kan be­na­deel of ska­de be­rok­ken. Die kla­ers was on­te­vre­de oor die uit­beel­ding van ho­mo­sek­su­a­li­teit op TV en meen dít en die kon­doom wat uit die ver­pak­king ge­haal word, is on­van­pas vir kin­ders.

Die GRS het die klag­tes oor die aan­stoot wat die ad­ver­ten­sie kan gee, ver­werp, on­der meer om­dat die Grond­wet men­se se reg­te ten op­sig­te van sek­su­e­le o­ri­ën­ta­sie be­skerm. As kin­ders weet wat ho­mo­sek­su­a­li­teit is, is dit wat in die ad­ver­ten­sie ge­beur bin­ne hul be­grip, en as hul­le nie weet nie, is die kon­doom ir­re­le­vant vir hul­le – “hul­le mag dalk nie eens weet wat dit is nie”.

Dit is dus on­waar­skyn­lik dat kin­ders be­na­deel sal word, lui die GRS se be­slis­sing.

9

Fo­to: SKERMGREEP

Dié ad­ver­ten­sie van die WeT­heBra­ve­veld­tog het tal­le ky­kers die jo­sie in ge­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.