Be­sluit oor be­to­gings ge­kap

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Die DA be­oog reg­stap­pe teen die SAUK oor sy be­sluit om nie meer beeld­ma­te­ri­aal uit te saai van be­to­gers wat o­pen­ba­re ei­en­dom ver­woes nie.

Die Uit­saai­wet be­paal die SAUK het ’n ver­ant­woor­de­lik­heid om nuus van hoog­staan­de ge­hal­te aan te bied wat reg­ver­dig, on­par­ty­dig en on­be­voor­oor­deeld is, het die par­ty gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê.

“Dit is wê­reld­wyd ’n ba­sie­se be­gin­sel dat nuus­or­ga­ni­sa­sies se nuus­re­dak­teurs, en nie die be­stuur wat deur po­li­ti­ci aan­ge­wys is nie, be­slui­te neem oor hoe nuus aan­ge­bied word,” sê die DA.

Die EFF het ge­sê: “Ons weet vir ’n feit die be­sluit het niks met die voor­ko­ming van ge­weld ty­dens be­to­gings te doen nie. Dit is om die ANC nie in ver­kie­sings­tyd seer te maak deur be­to­gings uit te saai nie.”

Vol­gens die EFF saai die SAUK rol­pren­te uit waar­in daar ge­moor word en ben­de­ge­weld uit­ge­beeld word.

“Hoe hits dit nie ge­weld aan nie?” lui die ver­kla­ring.

Hlau­di Mot­soe­neng, be­dryfs­hoof van die SAUK, sê hul­le gaan nog oor be­to­gings be­rig, maar net nie die ge­weld wys nie.

“Joer­na­lis­te hits ge­weld aan. Wan­neer ons ka­me­ra­span by ’n be­to­ging op­daag, be­gin die be­to­gers klip­pe gooi en ge­boue aan die brand steek.

“Dit maak joer­na­lis­te op­ge­won­de. Dit is ver­keerd,” het Mot­soe­neng gis­ter in ’n on­der­houd op die ra­di­o­sta­sie Talk Ra­dio 702 ge­sê.

Dié be­sluit on­der­myn die ge­loof­waar­dig­heid van die SAUK, sê Max du P­reez, politieke ont­le­der.

“Dit is roe­ke­loos om nuus te ma­ni­pu­leer. Dit is net soos in a­part­heid, waar die me­dia nie kon be­rig oor wat in towns­hips ge­beur nie.

“Dit is ab­surd. Hul be­sluit gaan be­slis nie ge­weld op­los nie. Dit gaan die ANC se Lut­hu­li-huis wel ge­luk­kig maak.”

Vol­gens An­ton Har­ber, hoof­re­dak­teur van eNCA, gaan hul­le be­slis nie nuus sen­sor nie, al is dit on­ge­mak­lik.

“Ons sal al­tyd ver­sig­tig wees dat be­to­gers nie ge­weld­da­dig word net om­dat ons ka­me­ras daar is nie. Ons sal die kon­teks van be­to­gings al­tyd deeg­lik oor­dra.”

Har­ber sê Suid-A­fri­ka­ners moet weet van hul me­de­lands­bur­gers se pro­ble­me.

“Maar som­mi­ge men­se sal eer­der sul­ke pro­ble­me wil weg­steek om die­ge­ne met die mag te be­skerm teen die hart­seer waar­heid.”

S­he­nie­ce Lin­der­boom van die Free­dom of Ex­pres­si­on In­s­ti­tu­te sê die oog­merk is om kor­rup­sie en swak diens­le­we­ring toe te smeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.