Buur­man voor ná moord op Moe­ders­dag

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

’n Man van Or­kney wat glo sy be­jaar­de buur­vrou op Moe­ders­dag ver­moor het, het gis­ter vlug­tig in die land­dros­hof in die dorp ver­skyn.

Jan R­hee­der (31) word daar­van ver­dink dat hy An­na­tjie Kru­ger se keel af­ge­sny en haar be­roof het en­ke­le dae ná haar 89ste ver­jaar­dag.

Hy staan te­reg op aan­klag­te van on­der meer moord, roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging.

R­hee­der sal Maan­dag aan­soek om borg­tog doen.

A­mor Ad­lam, Kru­ger se klein­dog­ter, het te­le­fo­nies uit haar tuis­stad, M­bom­be­la (Nel­spruit), ge­sê die fa­mi­lie is ge­skok oor die sin­ne­loos­heid van die moord, wat boon­op blyk­baar ge- pleeg is deur ie­mand wat be­kend was aan haar ou­ma.

“Sy was ’n fyn vrou­tjie wat maar ’n groot­te 10-rok ge­dra het. Sy het nie­mand ska­de aan- ge­doen nie. Die skul­di­ges kon maar net al­les ge­vat het.”

Vol­gens Ad­lam het haar ou­ma al­leen in meent­huis­kom­pleks in Or­kney ge­woon.

“Sy was nog baie ge­sond en het self mo­tor be­stuur.”

Ad­lam en haar ma, T­hea P­ringle, het on­raad ver­moed toe Kru­ger se foon af was toe hul­le haar op 8 Mei wou bel om haar ’n ge­luk­ki­ge Moe­ders­dag toe te wens.

Ook ge­meen­te­le­de van die A­pos­to­lie­se Kerk in Or­kney was on­rus­tig om­dat Kru­ger nie ou­der­ge­woon­te by die kerk­diens was nie.

“Van die ge­meen­te­le­de is ná kerk na haar huis.

“Haar hond­jie was bin­ne die huis toe­ge­maak, maar haar Mer­ce­des was weg.”

Kru­ger se vrien­de het in die dorp rond­ge­ry om te kyk of hul­le die voer­tuig sien, ter­wyl Ad­lam ’n vrien­din van haar by die Or­kney-po­li­sie ge­bel het.

Die po­li­sie en van die ge­meen­te­le­de is laat­mid­dag by die huis in.

Daar het hul­le haar lyk op die vloer by die voe­ten­ent van haar bed aan­ge­tref.

“Daar was ’n kus­sing­sloop oor haar ge­sig en nek. Die ka­mer was baie deur­me­kaar en haar beur­sie was weg, maar sy het nog haar ju­we­le aan­ge­had.”

Ad­lam sê haar ou­ma het se­dert 1944 in Or­kney ge­woon.

“Ons was ook ge­skok toe haar uit­ge­bran­de Mer­ce­des ge­kry is.”

Die voer­tuig is om­trent ’n week ná die moord in ’n oop stuk veld in die om­ge­wing ge­kry.

’n Te­le­vi­sie­stel en sel­foon wat maar R300 werd is, is ook in die roof­tog ge­steel.

R­hee­der is op 19 Mei in ver­band met die moord in heg­te­nis ge­neem.

Fo­to: SU­SAN CIL­LIERS

Jan R­hee­der gis­ter in die Or­kney­land­dros­hof.

An­na­tjie Kru­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.