Moord­saak teen 11 tot 17 Ju­nie uit­ge­stel

Beeld - - Nuus - Alet van der Walt

Vol­gens boere in die Pa­rys-om­ge­wing het die po­li­sie vroeg in De­sem­ber, on­ge­veer ’n maand voor die be­weer­de vi­gi­lan­te­moord op twee plaas­wer­kers, van plaas tot plaas ge­ry om boere teen ’n drei­gen­de aan­val in die Wei­veld-om­ge­wing te waar­sku.

Ko­bus Dann­hau­ser, voor­sit­ter van die plaas­li­ke boe­re­ver­e­ni­ging, het gis­ter aan Beeld ge­sê ’n po­li­sie­lid het ’n po­li­sie­do­ku­ment aan hom ge­gee met in­lig­ting oor ’n moont­li­ke plaas­aan­val.

Dann­hau­ser sê daar is geen twy­fel oor die egt­heid van die brief óf oor die po­li­sie se waar­sku­wing van ’n moont­li­ke plaas­aan­val in De­sem­ber 2015 nie.

In die brief waar­sku die po­li­sie se mis­daad­in­tel­li­gen­sie-een­heid in Sa­sol­burg hy het be­trou­ba­re in­lig­ting ont­vang dat drie in­wo­ners van die Wal­ter Si­su­lu­plak­kers­kamp na­by die dorp, twee plaas­wer­kers en ’n po­li­sie­lid be­plan om ’n boer van Wei­veld in De­sem­ber te be­roof.

Lui­dens die brief gaan ’n boer wat baie kon­tant het, be­roof word.

Die groep mans het ’n pis­tool vir die aan­val en die po­li­sie­lid sou die pa­tro­ne vir die pis­tool verskaf.

Die po­li­sie­lid se van is aan Beeld be­kend.

Die na­me van die drie in­wo­ners van die plak­kers­kamp word in die do­ku­ment ge­noem, maar nie dié van die plaas­wer­kers nie.

Lt. Le­vha­ni Ha­ni, Sa­sol­burg se po­li­sie­woord­voer­der, het by na­vraag ge­sê hul­le wil eers se­ker maak dat die brief eg is voor­dat hul­le op die vrae oor die aan­val en die po­li­sie se op­tre­de kom­men­taar kan le­wer.

Dann­hau­ser sê die ge­reg moet sy gang gaan, maar ’n mens moet in ag neem dit is teen die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.