‘Die dag toe dood uit die lug val’

Beeld - - Nuus - – Reuters,

Hi­ro­sji­ma. – Pres. Ba­rack O­ba­ma het nie reg­streeks om ver­sko­ning ge­vra vir die Hi­ro­sji­ma­kern­bom­aan­val nie, maar die druk­kie wat hy aan ’n oor­le­wen­de ge­gee het, het boek­de­le ge­spreek.

O­ba­ma het gis­ter met twee oor­le­wen­des by die Hi­ro­sji­ma­vre­des­her­den­kings­park in Hi­ro­sji­ma ge­praat: Soe­nao T­soe­boi, die 91-ja­ri­ge lei­er van ’n oor­le­wen­des­groep, en S­ji­ge­a­ki Mo­ri (79), ’n his­to­ri­kus wat net agt jaar oud was toe die bom op 6 Au­gus­tus 1945 ge­val het.

O­ba­ma het eer­ste met T­soe­boi ge­praat.

Hy het meer ge­luis­ter as ge­praat ter­wyl hy die be­jaar­de man se hand in sy­ne ge­hou het. ’n Tolk het na­by ge­staan met T­soe­boi wat sy kie­rie ge­bruik het om sy woor­de te be­klem­toon.

O­ba­ma het daar­na met Mo­ri ge­praat en sy hand ge­skud. Hy het sy kop ’n oom­blik lank laat sak en ge­knik ter­wyl die ou­er man ge­praat het.

Hy het Mo­ri ’n druk­kie ge­gee ter­wyl die oor­le­wen­de ge­huil het. Mo­ri het la­ter in ’n on­der­houd ge­sê: “Die pre­si­dent se hand was baie warm. Dit was ’n droom wat be­waar­heid is. Ek het so ge­ly, so van­dag was die bes­te dag wat deur die VSA ge­gee is.”

T­soe­boi het aan O­ba­ma ge­sê die kern­bom­me op Hi­ro­sji­ma en Na­ga­sa­ki was ’n tra­ge­die vir die mens­dom.

“Ek het aan hom ge­sê dit was ons, mens­li­ke we­sens, wat dit ge­doen het. Ons doen nie net goeie din­ge nie, ons maak kern­wa­pens – so ek het ge­sê ek bla­meer nie die VSA nie.”

Voor die ge­sprek­ke het O­ba­ma ’n krans ge­lê en in ’n toe­spraak be­sin oor die dag “toe dood uit die lug ge­val het”.

“Ons staan hier in die mid­del van hier­die stad en dwing ons­self om ons die oom­blik voor te stel toe die bom ge­val het,” het hy ge­sê met pre­mier S­jin­zo Abe langs hom.

“Ons het ’n ge­deel­de ver­ant­woor­de­lik­heid om ge­skie­de­nis in die oë te kyk en te vra wat ons an­ders moet doen om sul­ke ly­ding te keer,” het O­ba­ma ge­sê.

Fo­to: REUTERS

Pres. Ba­rack O­ba­ma gee S­ji­ge­a­ki Mo­ri, ’n oor­le­wen­de van die Hi­ro­sji­ma­bom­aan­val, gis­ter ’n druk­kie by die Hi­ro­sji­ma­vre­des­her­den­kings­park in Ja­pan.

Fo­to: REUTERS

Die krans wat pres. Ba­rack O­ba­ma ge­lê het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.