Dink mooi na oor erf­la­ting van ’n plaas

Beeld - - Sake -

Een a­rea van fi­nan­si­ë­le be­plan­ning wat my al baie lank pla, is die erf­op­vol­ging (wat dik­wels voor af­ster­we al plaas­vind) van boer­de­ry­ba­tes.

Die ant­woor­de is een­vou­dig nie voor die hand lig­gend nie, maar die goed wat on­der meer pla, is:

) Die feit dat som­mi­ge pa’s te lank vas­hou aan be­heer. “Seuns” van 50 is dik­wels nog nie in be­heer van die tjek­boek of we­sen­li­ke be­sluit­ne­ming nie en ver­dien self dik­wels ’n ka­ri­ge loon.

) Waar daar nie a­part voor­sie­ning ge­maak is vir af­tre­de nie, moet die seun dik­wels die le­wens­kos­te van die ou­ers dra tot hul af­ster­we. In ge­val­le waar die seun die plaas son­der ’n teen­pres­ta­sie be­kom het, is dit seer se­ker­lik ’n mi­ni­mum wat te wag­te kan wees, maar hier­die feit word dik­wels ná ’n paar jaar “ver­geet”, wat tot spanning tus­sen ge­slag­te lei.

Dit is on­ge­mak­lik om eens­klaps die ou­er-kind-rol­le om te ruil en ook waar­om die eer­ste punt hier­bo so ge­reeld ma­ni­fes­teer. Dit ge­beur ook dik­wels dat daar drie ge­ne­ra­sies ge­lyk­ty­dig op die plaas is, wat groot druk op die kon­tant­vloei kan plaas met ge­volg­li­ke ver­hou­dings­pro­ble­me.

Ek dink jy loop ’n ge­wel­di­ge ri­si­ko om jou af­tre­de aan die plaas se voort­be­staan te kop­pel. Wat ge­beur met jou in­kom­ste as die boer­de­ry on­der­gaan?

) My er­va­ring is dat dit in die mees­te ge­val­le fi­nan­si­eel on­moont­lik is om ’n ge­ly­ke ver­de­ling te ver­kry waar daar een plaas maar by­voor­beeld vier kin­ders is. Die “mak­li­ke” op­los­sing, wat ui­ter­aard die goed­keu­ring van die ver­ko­pers daar­van sal weg­dra, is ’n mas­sie­we le­wens­po­lis wat een­dag aan die an­der kin­ders uit­be­taal.

Selfs al aan­vaar ons dat die boer­de­ry hier­die pre­mies kan vol­hou (wat dik­wels ’n uit­da­ging is), is daar ’n paar on­ge­mak­li­ke re­a­li­tei­te.

Eer­stens, die erf­ge­na­me van die po­lis sal in som­mi­ge ge­val­le 20 jaar of lan­ger moet wag voor­dat hul­le die op­brengs daar­van ont­vang, ter­wyl die een wat die grond kry, van dag een af hier­die ba­te kan ge­bruik vir leefstyl- uit­ga­wes en wel­vaart­ge­ne­re­ring.

T­wee­dens, selfs al sou die po­lis­se op dag een ge­lyk wees aan die waar­de van die plaas, kan die waar­de van die po­lis­se wan­neer dit die dag wel re­a­li­seer we­sen­lik min­der wees as die waar­de van die grond.

Der­dens moet in ge­dag­te ge­hou word dat die po­lis­se boe­del­be­las­ting sal aan­trek wat be­taal­baar sal wees deur die be­guns­tig­de van die po­lis, be­hal­we in­dien an­ders be­paal deur die tes­ta­ment.

) Aan die an­der kant, al was dit moont­lik, sou dit reg­ver­dig wees om wan­neer ba­tes aan die vol­gen­de ge­slag oor­ge­dra word, die plaas aan een na te laat ter­wyl die an­der ge­lyk­staan­de kon­tant of li­kie­de ba­tes kry?

Die per­soon wat kom boer, kry groot­liks ’n werk (nie werk­se­ker­heid nie), ’n spe­si­fie­ke le­wen­styl en ’n klomp ver­ant­woor­de­lik­he­de.

In die mees­te ge­val­le word dit as reg­ver­di­ging ge­bruik waar­om die be­ma­kings (in ver­se­ke­ring of fi­sie­ke ba­tes) aan die kin­ders wat nie kom boer nie, aan­sien­lik min­der kan wees. Hoe ge­maak eg­ter as die seun wat die plaas ge­ërf het vyf jaar ná Pa se af­ster­we die plaas ver­koop vir vyf, ses of tien keer wat die an­der kin­ders ge­kry het?

Ek kan aan­gaan met hier­die lys, maar ver­moed ’n klomp men­se wat hul eie si­tu­a­sie hier­in raak­lees, raak moont­lik al warm on­der die kraag.

Die be­doe­ling is nie om ie­mand na sy bloed­druk­pil­le te laat gryp nie, maar om die den­ke te sti­mu­leer.

Fo­to: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.