As ’n soort­ge­ly­ke si­tu­a­sie jou raak, gaan sit vroe­ër eer­der as la­ter om ’n ta­fel met die be­trok­ke par­tye. ’n Re­de­li­ke kop­skuif is no­dig ten op­sig­te van grond en boer­de­ry wan­neer dit kom by oor­han­di­ging aan die vol­gen­de ge­slag.

Beeld - - Sake - An­dró G­ries­sel is ’n ge­ser­ti­fi­seer­de fi­nan­si­ë­le be­plan­ner en be­stu­ren­de di­rek­teur van ProVér­te We­alth & Risk Ma­na­ge­ment. Volg hom op T­wit­ter by @An­dro720911. Hy skryf twee­week­liks vir

In my er­va­ring is ge­brek­ki­ge be­plan­ning baie moei­lik om ná die tyd reg te stel.

As ’n soort­ge­ly­ke si­tu­a­sie jou pla of raak, stel ek voor dat jy vroe­ër eer­der as la­ter om ’n ta­fel gaan sit met die be­trok­ke par­tye.

Ek meen ’n re­de­li­ke kop­skuif is no­dig ten op­sig­te van grond en boer­de­ry wan­neer dit kom by die oor­han­di­ging aan die vol­gen­de ge­slag.

Ek meen ’n boer­de­ry be­hoort soos e­ni­ge an­der on­der­ne­ming be­dryf te word, nie net wat die dag-tot-dag-be­stuur be­tref nie, maar ook hoe dit ge­han­teer word ten op­sig­te van “oor­drag” aan die vol­gen­de ge­ne­ra­sie.

As jy die een is wat gaan boer en nou jou kop skud en sê ai­kô­na, jy gaan nie ka­pi­taal en moei­te in die grond stoot om jou sus­ters ryk te maak nie, laat ek jou uit­daag om an­ders hier­na te kyk.

Ek sou ver­baas wees as die ei­e­naar van ’n suk­ses­vol­le sa­ke­on­der­ne­ming een­vou­dig sy aan­de­le in die saak “gee” of tes­ta­men­têr be­maak aan ’n kind wat by die on­der­ne­ming be­trok­ke is, ter­wyl hy le­wens­po­lis­se uit­neem vir sy kin­ders wat nie daar­by be­trok­ke is nie.

’n Seun wat sy pa op­volg in by­voor­beeld ’n ge­no­teer­de on­der­ne­ming, kry nie die werk bloot op grond van die feit dat hy die oud­ste seun is nie, maar om­dat hy ’n be­lang­stel­ling daar­in ge­toon het en hom­self dien­oor­een­koms­tig be­kwaam en be­wys het.

Wan­neer die di­rek­sie dan moet be­slui­te neem oor die toe­wy­sing van ka­pi­taal, sal dit juis tot voor­deel van ál die aan­deel­hou­ers (lees fa­mi­lie in jou si­tu­a­sie) wees en nie uit ’n oog­punt van “ek gaan hul­le nie ryk werk nie”.

Nie ap­pels met ap­pels nie, sê jy? Dit is mis­kien so, maar ek won­der of die be­na­de­ring by wat van­dag groot on­der­ne­mings is, an­ders was toe hul­le nog in hul ba­ba­skoe­ne was.

’n Vriend van my, wat nog­al ’n den­ker is en tans met hier­die ein­ste kom­plek­si­tei­te in die prak­tyk stoei, sê vir my: “Nee, ou maat, dit is nie so mak­lik nie.”

Ek aan­vaar dit on­om­won­de, maar sal tog graag ’n glas rooi saam met hom wil drink om hier­die ding ver­der te de­bat­teer. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.