Za­vi­on Kot­ze glim­lag breed, al lê sy O­lim­pie­se droom aan sker­we. “Daar’s nog al­tyd 2020,” sê dié tien­kam­p­at­leet, wat ook die ge­wild­ste ge­sig op die A­fri­kaan­se TV­ka­naal Via is.

Beeld - - By -

Die naam Za­vi­on Kot­ze het ’n paar jaar ge­le­de nog op span­lys­te by die Haaie se rug­by-a­ka­de­mie op­ge­duik.

Daar­na het Suid-A­fri­ka hom leer ken as ’n taw­we tie­nie op die TV-reeks Sur­vi­vor: C­ham­pi­ons, waar hy gay ste­re­o­ti­pes voos ge­têk­kel het.

Nou maak hy nie net naam as ’n voor­rang blom-ma­es­tro wat brui­de se wild­ste trou­fan­ta­sieë waar maak nie.

Hy droom ook wil­de dro­me van O­lim­pie­se glo­rie, al be­te­ken dit nog vier jaar se sweet.

Sy Via-pro­gram, Za­vi­on, op DStv is sui­wer werk­lik­heids­te­le­vi­sie, in die­self­de grein as die Kar­dashi­ans.

Jy sien al­les: Hoe hy oe­fen in gim­na­si­ums en op at­le­tiek­ba­ne.

Hoe hy blom­me koop by die mark en met brui­de oor hul Pin­te­rest-bor­de vol trou­plan­ne­tjies ge­sels. Hoe din­ge ag­ter die skerms skeef­loop voor groot trou­es en hoe Za­vi­on ma­le son­der tal op die nip­per­tjie ’n haas uit die hoed trek.

Een van die boei­end­ste sto­rie­ly­ne in die eer­ste sei­soen van dié reeks, wat in 2015 uit­ge­saai is, was hoe na hy aan sy pa, Way­ne, is.

Die t­wee­de sei­soen van dié suk­ses­vol­le pro­gram het die af­ge­lo­pe week op Via be­gin.

“Dis soos sei­soen een, maar op ste­roids. Gro­ter trou­es, meer cha­os. Daar’s hart­seer oom­blik­ke, tye waar ek huil . . . Ja, daar’s báie e­mo­sies.” Dan glim­lag hy op­ge­won­de. Dié sei­soen be­plan hy nie net die trou­es van an­der brui­de nie.

Hy en sy kê­rel, John B­re­re­ton, trou in De­sem­ber.

Die nu­we reeks is tus­sen Ja­nu­a­rie en Mei ver­film, kort na­dat hul­le ge­du­ren­de ’n Kers­va­kan­sie in A­me­ri­ka aan die ein­de van 2015 ver­loof ge­raak het.

“Ons het let­ter­lik be­gin skiet die dag na­dat ons ge­land het uit New Yorkt!”

’n An­der groot te­ma is die swoeg en sweet wat dit kos om te pro­beer kwa­li­fi­seer vir die O­lim­pie­se S­pe­le.

Tien­kamp is ’n dol­le i­tem wat ver­eis dat jy nie net vin­nig oor ’n ver­skei­den­heid af­stan­de moet kan hard­loop nie, jy het ton­ne veer­krag no­dig (hoog­spring, ver­spring, paal­spring) en daar­by moet jy uit­blink in ge­wig­stoot, spies­gooi én skyf­werp ook.

“Die af­ge­lo­pe vyf maan­de het ek drie keer per dag, ses dae per week ge­oe­fen. Sog­gens het ek so twee ure ge­gym. Daar­na was

Fo­to: ALET PRETORIUS

Za­vi­on Kot­ze droom steeds van O­lim­pie­se glo­rie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.