Die wil­de per­de by Kaap­se­hoop in M­pu­ma­lan­ga word toe­ne­mend be­dreig, deur men­se én deur die na­tuur. Moet daar in­ge­gryp word in hul lot, vra in­wo­ner van dié dorp en ru­briek­skry­wer van

Van der Walt, An­ne­ma­rie

Beeld - - By -

Dit ís ’n bie­tjie snaaks as mo­to­ris­te in die om­ge­wing van Kaap­se­hoop langs die pad af­trek om na ’n trop­pie wil­de per­de te kyk – so as­of hul­le pas leeus in die wild­tuin te­ë­ge­kom het.

Dié ros­se lyk maar na, wel, dood­ge­wo­ne per­de.

Daar­by is “wild” ook nie die juis­te term nie, maar dit suk­kel om ’n nom­mer­pas­ver­ta­ling te kry vir die En­gel­se fe­ral: “An a­ni­mal or plant in a wild sta­te, es­pe­ci­al­ly af­ter ha­ving being do­mes­ti­ca­ted.”

Boon­op is die drie tot vier trop­pe wat in en om die k­lein berg­dorp hou die mak­stes van die so­ge­naam­de wil­des.

Van die so­wat 150 vry­lo­per­per­de, vol­gens die 2013-sen­sus, hou die meer­der­heid op die gras­vel­de van die Blou­swa­el- vlak­te suid­wes van die dorp en al langs die pla­to­rand, en el­ders in die om­rin­gen­de plan­ta­sies in die bos­bou­ge­bied.

Die e­nig­ma en fas­si­na­sie duur voort, soos met die Na­mi­bie­se wil­de per­de by Aus en dié van Bot­ri­vier­mond na­by K­lein­mond.

Die ei­e­naar­skap van die per­de is wel on­be­twis: Hul­le be­hoort aan nie­mand nie.

Dié si­tu­a­sie op­per eg­ter ’n ne­te­li­ge kwes­sie wan­neer van die per­de on­der meer raak­ge­ry word, in wild­strik­ke be­land of an­der be­se­rings op­doen, of soos die af­ge­lo­pe so­mer deur­loop on­der A­fri­ka-per­de­siek­te (APS) – waar­aan so­wat 11 per­de ge­vrek het (hoe­wel slegs 12 ge­val­le in M­pu­ma­lan­ga aan­ge­meld en be­ves­tig is vol­gens die jong­ste s­ta­tis­tie­ke op die APS Trust se web­werf). Moet daar hoe­ge­naamd in­ge­gryp word in hul lot, en in­dien wel, wie staan pa vir die vee­arts­kos­te, en voor wie se deur lê die ver­ant­woor­de­lik­heid om ge­val­le van APS aan die staats­vee­arts te rap­por­teer in­ge­vol­ge die wet op die­re­siek­tes (nr. 35 van 1984). ))) Dr. Al­ber­tus Coet­zee, ’n vee­arts van Nel­spruit, ver­dui­de­lik die uit­son­der­lik warm en droë weers­om­sta­dig­he­de het by­ge­dra tot die ho­ër voor­koms van APS, maar meen dit is nie bui­ten­spo­rig nie.

“Om die wil­de per­de jaar­liks in te ent soos wet­lik voor­ge­skryf is, is iet­wat van ’n on­haal­ba­re op­sie,” meen hy. “Dit is ook die weer­stan­di­ge en ster­ker per­de wat oor­leef wat op die lang duur tot ’n be­ter ge­ne­poel by­dra.”

Rei­net­te van Nie­kerk, ’n in­wo­ner van Kaap­se­hoop, is se­dert 2002 die “per­de-vrou” wat vry­wil­lig om­sien na dié per­de wat be­han­del kan, of in­dien dit te laat is, uit­ge­sit moet word.

’n In­for­me­le fonds is ge­stig waar­uit van die on­kos­te be­taal word. “Aan­vank­lik het ek net in­ge­gryp in­dien die per­de ly weens ’n on­na­tuur­li­ke si­tu­a­sie,”sê sy.

“Dit raak eg­ter moei­li­ker weens die toe­loop van men­se met mis­plaas­te goeie be­doe­lings . . .”

Soos ’n Gau­teng­se toe­ris wat on­langs ’n klag by die plaas­li­ke tak van die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (DBV) in­ge­dien het om­dat die per­de oor­trek was van bos­lui­se. Die uit­ein­de was dat Le­on S­mith van die na­by­ge­leë Kaap­sche Hoop Hor­se Trails,

Rei­net­te van Nie­kerk, ’n in­wo­ner van Kaap­se­hoop, en an­der vry­wil­li­gers gryp soms in wan­neer van die wil­de per­de erg be­seer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.