Dot­tie van Dyk, ma van Ernst, tien­ma­li­ge wen­ner van die Bos­ton­rol­stoel­ma­ra­thon, kyk vir die eer­ste keer te­rug oor hul le­wens­roe­te se­dert die dag toe haar eer­ste­ling met net een nor­ma­le ledemaat ge­bo­re is. Sy het met ge­praat.

Sarie Ma­rais­Nell

Beeld - - By - Op ses maan­de ’n S­wan­ger­skap­kli­niek help

Dot­tie van Dyk was 23 toe sy en haar man hul eer­ste­ling ver­wag; ’n wit­te­brood­ba­ba. Al­bei was pro­vin­si­a­le sport­ster­re – Dot­tie ’n net­bal­spe­ler vir die Noord­oosKaap en Frans agt­ste­man/flank vir Bo­land.

“Ernst het my on­ver­hoeds be­trap en drie we­ke vroeg aan­ge­meld. Ce­res se hos­pi­taal­dok­ter het my 12:00 be­kyk, be­sluit daar’s nog baie tyd voor die be­val­ling en is Bok­veld (Koue Bok­ke­veld) toe vir ’n bui­te­kli­niek. Half­drie was die ba­ba daar.”

Die jong ma kon nie met ster­re in haar oë haar eer­ste­ling vas­hou nie – die ver­pleeg­per­so­neel het Ernst blits­vin­nig weg­ge­neem en ge­sê sy moet wag tot­dat die dok­ter kom. Ure wat soos dae voel, voor­dat die dok­ter laat­mid­dag sê: “Dis die ge­brek­lik­ste ba­ba wat ek nóg ge­sien het.”

Woor­de wat Dot­tie ja­re la­ter steeds snags met ’n be­klem­ming sou laat wak­ker skrik; laat uit­breek in angs­sweet. Laat ont­hou hoe haar s­koon­ma, Lor­rai­ne van Dyk, hos­pi­taal toe mar­sjeer, ge­bied dat die ba­ba­kom­ber­se oop­ge­maak word so­dat ie­mand die waar­heid kan sien. Ou­ma Lor­rai­ne moes Frans en Dot­tie in­lig: Ernst het net een nor­ma­le ledemaat, die lin­ker­arm en -hand.

Sy reg­ter­hand het drie vin­gers. Sy lin­ker­been nor­maal tot by die knie, met ’n stuk­kie voet teen­aan die knie. Sy reg­ter­been nor­maal tot by die knie, die on­der­been het slegs die ti­bia. Geen en­kel tus­sen die twee­toon­voet en die on­der­been nie. Klomp­voet­jie.

Styf toe­ge­draai langs sy ma se bed ont­moet Ernst die vol­gen­de dag sy groot­ou­ers aan moe­ders­kant – al die pad van Mid­del­burg af. Met ’n ou­pa wat sy eer­ste klein­seun op­tel, hom ferm in die jong moe­der­arms druk en voor­skrif­te­lik sê: “Die He­re het jóú uit­ge­soek om hier­die seun­tjie groot te maak, Dot­tie! Laat ek net één keer hoor jy skaam jou vir hom, dan sal ek hom kom haal en self groot­maak.”

Har­de woor­de. Rig­ting­ge­wer vir die ver­skrik­te ou­er­paar. Eer- ste treë op ’n pad son­der men­tor.

word Ernst se klomp­voet­jie in die Paarl-hos­pi­taal ge­o­pe­reer, waar ’n spe­si­a­lis die eg­paar aan­raai om hom in ’n in­rig­ting te plaas om­dat hy “geen waar­di­ge le­wens­kwa­li­teit sal be­reik nie”.

Tog bly Dot­tie en Frans vas­be­ra­de om hul seun­tjie self groot te maak, en hom soos ’n nor­ma­le kind te laat ont­wik­kel. Dees­dae pro­beer sy die me­di­ci se on­be­hol­pen­heid ver­skoon: “Sien dit al­les in die kon­teks van daar­die tyd – 1973.”

Die ge­sin ver­huis Vic­to­ria-Wes toe, waar Frans saam met Man­ne­tjies Roux rug­by speel. Dot­tie voel in die mid­del van nê­rens met haar een­ja­ri­ge. “Hy was bé­sig! Hy’t leer kruip en wou teen al­les op­klim; moes soms selfs slae kry.

“Die ou­ers van ’n spi­na bi­fi­da­seun­tjie be­veel die Kin­der­hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg by ons aan, maar daar­voor be­no­dig ons ’n Trans­vaal­se a­dres en ver­wy- sings­brief.”

Vin­ding­ryk­heid se­ë­vier: Met ’n fa­mi­lie­lid se Jo­han­nes­bur­g­a­dres be­gin Dot­tie en Ernst ’n nu­we le­wen­styl – twee­week­lik­se trein­rit­te Jo­han­nes­burg toe.

Dok­ters pro­beer eer­stens Ernst se reg­ter­been ver­sterk. Sy lin­ker­been kry ’n har­de, on­ge­mak­li­ke kuns­le­de­maat. O­pe­ra­sies aan die reg­ter­hand om die vin­gers van me­kaar te skei. Veloor­plan­tings. Steeds Transka­roor­it­te Jo­han­nes­burg toe, el­ke t­wee­de week.

Hier­na word hul­le huis toe ge­stuur met woor­de wat kwets: “Me­vrou, ons het ons bes ge­doen. Dalk sal jou seun­tjie nooit kan loop nie.”

Ys­ters aan Ernst se reg­ter­been, die kuns­been links.

Dot­tie kry drie mis­kra­me bin­ne vier jaar. Ver­loor ba­bas op 14, 20 en op 30 we­ke. “Die der­de keer was die erg­ste; ’n seun­tjie. Hy’t nog ’n ruk­kie ge­le­we.

“Ons het sink­plaat­pad ge­ry daar­die ja­re.”

Dot­tie se ma stuur ’n hulp, An­tjie Ma­nu­el, om die be­dry­wi­ge Ernst te help ver­sorg. Ter­wyl die eer­ste mis­kraam en dok­ters­uit­spra­ke swaar oor haar hang, sien Dot­tie be­dags hoe An­tjie vir Ernst bui­te be­sig hou. Die kuns­been en ys­ters keer dat hy self op­staan, maar An­tjie laat hom tus­sen haar en ’n krui­wa staan, lig dan die hand­vat­sels en stoot dit sta­dig vo­ren­toe. Vas­hou-vas­hou aan die hand­vat­sels, gee hy sy eer­ste treë.

“Miss Dot­tie, kom kyk! Ernst loop!” Goue woor­de wat Dot­tie se le­we ver­an­der.

Sy bel da­de­lik die spe­si­a­lis by die Kin­der­hos­pi­taal. Nog ’n trein­rit, want die dok­ter wil sien voor­dat hy dit glo. Toe Ernst sy tree­tjies voor dr. Han­dels­man stap, roep hy ver­stom uit: “Ernst pro­ved the me­di­cal his­to­ry wrong.”

“Daar het al­les be­gin. Ernst se deur­set­tings­ver­moë was van kleins­af dui­de­lik.” die eg­paar ver­staan hoe die skok­ke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.