’n Bus na In­ni­bos, ’n trein na blom­me­land

Beeld - - Leefstyl - Dit is ’n ple­sier om saam met JB T­rein­toe­re op ’n oor­nag­trein te reis.

Wan­neer laas het jy rus­tig bus ge­ry of lek­ker trein ge­ry? Daar word van­jaar weer twee bus­toe­re van­af Gau­teng na die jaar­lik­se In­ni­bos-kuns­te­fees in Nel­spruit aan­ge­bied.

Hier­die vyf­dag­toe­re maak dit vir fees­gan­gers mak­lik om na die La­e­veld te reis, sluit vier nag­te se ver­blyf in, as­ook ’n vier­dag­toe­gangs­kaart­jie na die fees­ter­rein.

Met die eer­ste In­ni­bos-kuns­te­fees 13 jaar ge­le­de het JB Train Tours ’n trein­toer van Gau­teng na Nel­spruit aan­ge­bied, maar dit is in­tus­sen met bus­toer­pak­ket­te ver­vang.

Daar word in die skool­kos­huis van die Ho­ër­skool Nel­spruit oor­nag (net twee men­se per ka­mer) en ver­voer tus­sen die kos­huis en die fees­ter­rein word verskaf.

Hier­die sak­pas­toer­pak­ket is ge- skik vir die­ge­ne wat die fees be­kos­tig­baar wil by­woon. Die bus­se ver­trek van­af P­re­to­ria, as­ook die Oos- en Wes-Rand.

Pas­sa­siers kan ook in Bronk­horst­spruit, Wit­bank en Mid­del­burg op die bus klim om by die fees­toer aan te sluit.

Blom­me-trein­toer

Lang­af­stand-trein­ry, soos in die ou dae, het sy aan­trek­kings­krag vir baie ja­re ver­loor, maar nou het dit weer mo­de en ple­sier ge­word om op ’n oor­nag­trein te ry.

JB Train Tours bied ver­skeie t­rein­toe­re aan, wat va­kan­sie-, sport-, fees­te- en ad hoc-toe­re in­sluit. Rei­si­gers kan uit drie klas­se kies: die sak­pas-Toe­ris­te­klas, die net­jie­se Pre­mier Clas­se, en die luuk­se Blou­trein en De­sert Ex­press (in Na­mi­bië).

Die Na­ma­kwa­land­se blom­me aan die Suid-A­fri­kaan­se Wes­kus sal in Au­gus­tus en vroeg Sep­tem­ber op hul mooi­ste wees en ver­skeie t­rein­toe­re (van­uit Jo­han­nes­burg), vlieg­toer­pak­ket­te (van o­ral in Suid-A­fri­ka) en bus­toe­re (van­uit Kaap­stad) word na die streek aan­ge­bied. Die be­son­der­se na­tuur­ver­skyn­sel van pla­te blom­me is iets wat el­ke mens een maal in sy le­we moet er­vaar.

Met ’n trein­toer na die Kaap, bus­ver­voer tus­sen die blom­me en oor­nag­ver­blyf in goeie ho­tel­le, as­ook heer­li­ke e­tes wat in­ge­sluit is, is ’n trein­toer­pak­ket saam met JB Train Tours baie be­kos­tig­baar.

Die gid­se wat op die 13 toe­re saam­reis, maak die be­soek aan die Na­ma­kwa­land­se blom­me on­ver­geet­lik.

Bel JB Train Tours by 011 913 2442 of stuur ’n e-pos na in­fo@jbtours.co.za vir ’n vol­le­di­ge in­lig­tings­do­ku­ment.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.